Medupi eers later gereed

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Moneyweb Today berig dat die teikendatum vir die sinchronisering van die eerste deel van Medupi wat aanlyn moet kom, opnuut uitgestel is.

Die artikel haal ’n twiet aan van Chris Yelland, wat as ’n energiekenner beskou word.

Yelland twiet dat Eskom laat blyk het die teikendatum van middel Februarie is nou tot die einde van Maart 2015 uitgestel.

Medupi se Eenheid 6, die eerste om te begin krag lewer, sou reeds aan die einde van 2013 begin krag lewer het, maar die teikendatum is telkemale uitgestel, tot die regering met groot fanfare vir 24 Desember verlede jaar begin aftel het. Dit was egter lank voor die teikendatum duidelik dat dit nie haalbaar was nie.

Volgens Eskom word beoog om die eenheid in die eerste kwartaal vanjaar in werking te stel, en nie in die proses kortpaaie te neem nie.

Lees die volledige berig hier.

Klik hier vir vorige berigte oor Medupi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elfie ·

24 Desember toe middel Februarie nou einde Maart… Einde Maart is dit seker einde April en so gaan dit aan. Useless, regering met useless regeringsinstansies…

Boesman ·

Ek is so bly ek werk nie meer daar nie. Die site word deur die werkers beheer. Wat ‘n KLUG!!

CHRISTA ·

Dalk bedoel ESKOM dit sal 2050 voltooi wees – laat mens wonder né?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.