Medupi gaan nou glo soveel kos

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Die oprigting van die Medupi-kragstasie in Lephalale in Limpopo sal na verwagting in 2019 voltooi wees en minstens R105 miljard kos.

“Ons doen hersiening van projekte, in terme van omvang, voltooiingstyd, koste, en so aan. Die R105 miljard is wat reeds deur regeringstrukture vir Medupi goedgekeur is. Daar is berigte dat die projek R300 miljard gaan kos … ons weet nie waar die syfer vandaan kom nie,” het Abram Masango, Eskom se groephoof van kapitaal, aan joernaliste gesê.

Pres. Jacob Zuma het Sondag Medupi se eenheid ses, die eerste van ses eenhede by die steenkool-aangedrewe kragstasie wat voltooi is, geopen. Dié eenheid sal na verwagting 800 MW elektrisiteit tot die sukkelende kragnetwerk bydra.

Masango het gesê eenheid een sal na verwagting teen 2019 voltooi wees. Die projek wat bekend staan as “Projek Alpha” het in 2007 met drie eenhede begin en is later uitgebrei tot ses eenhede.

Op ’n vraag aan Brian Molefe, waarnemende hoof van Eskom, oor hoe verdere vertragings voorkom sal word, het hy gesê streng nakoming van projekspertye sal in werking gestel word. Die koste van die projek is aanvanklik in 2007 op R69 miljard geraam.

Medupi moes volgens beplanning reeds vier jaar gelede deel van die kragnetwerk gevorm het, maar bouwerk by die stasie is vertraag weens arbeidsonrus. Die vertragings het tot ekstra koste van miljarde rande gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

En so lyk ELKE projek reg deur Afrika. Dit word begin…..met groot entoesiasme en fanfare…en dan begin die stakings en die dreigemente en die “tyd diefstal”. Almal blameer almal anders….want niemand hou by ‘n tydskedule of ‘n begroting nie want hulle weet nie hoe nie. En steeds bly die res van die wêreld aandring daarop dat geskiedkundig agtergeblewenis agter gebly het omdat hulle onderduk was……Jy’s geskiedkundig agtergeblewe omdat jy nie die potensiaal het om enige iets anders te wees nie.

Winston ·

Stem saam Johann maar het n probleem. Die wat moet kennis neem kan nie, lees nie hier nie of kan nie verstaan nie. Siestog. Het ook niks geleer nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Met die inwyding van die Medupi eenheid waar daar verseker weer n klomp geld gemors is, het ou Zuma weer die vorige bedeling blameer omdat hulle nie die spertyd kon haal nie. Verbeel jou ! Na 21 jaar blameer hy steeds terwyl die vertragings deur sy stakende comrades veroorsaak is en oor die enorme klomp geld wat die projek nou ekstra gaan kos swyg hy gerielikheidshalwe. Ons bly in n snaakse land met n koddige president.

anet ·

Zuma is ‘n regte nar. Solank hy iemand anders kan beskuldig en hom self vrywaar van alle skuld. Hy tree op soos ‘n bedorwe kleuter. Dit is tyd dat hy groot word, en verantwoordelikheid aanvaar oor hoe die ANC ons staatskisteplunder

HEVW ·

Johan baie kras gestel, maar die werklikheid is onveranderlik. Dit bly die werklikheid soos regdeur Afrika bewys en ook in ander westerse lande. Nar, en koddig is nie die regte bskrywing nie, maar nouja ek wil graag he my kommentaar moet geplaas word.

J.Z ·

Weet myne gaan nie geplaas word nie,maar hier kom dit.Swart mense oor die hele wereld glo dat wit mense hulle skuld,dit wit mense se skuld is hulle agter geby het,daar is van hulle wat die lewe verstaan maar hulle is n handtjie vol.die res gaan voort om hul onvermoe op ander te pak.As dit aangaan soos nou en die melk koei opgedroog het voorspel ek dat die poppe dan behoorlik gaan begin dans,Ek weet die waarheid wil nie gehoor word nie.!!!!!!!

George ·

Dit is skynbaar rassisties om vergelykings te tref tussen prestasies voor ’94 en na ’94 behaal aldus Maroela.

Peet Schabort ·

Die dolosse sê seker dat voltooiing 2019 sal wees ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.