Medupi-kragstasie nou nasionale sleutelpunt

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Eskom het aangekondig dat sy Medupi-kragstasie tot ʼn nasionale sleutelpunt verklaar is.

Die kragverskaffer het Woensdag in ʼn verklaring gesê die kragstasie is van kritieke belang vir die verskaffing van elektrisiteit om beurtkrag te voorkom. “Dit is noodsaaklik vir die veiligheid van hierdie bate om as ʼn nasionale sleutelpunt verklaar word, soos gedefinieer deur die Wet op Nasionale Sleutelpunte.”

Eskom het gesê ʼn inhuldigingseremonie is Woensdag by die kragstasie gehou. “Die Medupi-kragstasie is van strategiese en nasionale belang as gevolg van sy opwekkingsvermoë wat 4 764 MW sal lewer wanneer dit voltooi is,” het Eskom gesê.

Volgens Eskom is Medupi van kritieke belang vir die maatskappy se verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrika se ekonomiese groei, werkskepping en sosio-ekonomiese ontwikkeling van Lephalale in Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaja ·

Ja en ek neem aan, duisende rande is vir die sg inhuldiging gebruik Enigiets vir ‘n lekker stinkryk party. More word ons krag weer opgeskuif! Regtig siek!

Chris ·

Dalk n druk fout . Moet eerder wees NASIONALLE ANC GEDENK “BOGGEROP”

Annie ·

Goeie genade Jaja…het jy ooit n happy moment? Vandag is ek skoon siek en sat vir al die mense wat alewig so negatief reageer op enigiets wat geplaas word…hemel as jy in n slegte bui opstaan moet eerder nie kommentaar lewer op berigte in die nuus nie

Remondo ·

Dankie dat die stasie klaar is , hopenlik geen beurtkrag meer nie;)

adrian ·

Remondo, ver van klaar , sleutelpunt???? Om als weg te steek mmmmmm wonder net

Kandas ·

As ek dit reg verstaan, mag o.a joernaliste glad nie ’rondsnuffel’ by ‘n nasionale sleutelpunt nie.
Gaan die land dus van nou af nie meer hoor van die bedrog en tenders wat op slinkse wyses toegeken is vir Medupi nie?

Ek wonder maar net daaroor.

vermeende ·

Elke kragstasie in die land moet as sleutelpunt verklaar word en so ook elke substasie tussen die verbruiker en die stasie waar die verspreiding gebeur.
Ek wonder net, speel die $500 mil lening wat die Chinese handelsbank aan Eskom leen nie ‘n rol in die besluit nie?
Hoe sal ons tog nou weet hoeveel word gesteel?

Jan maak n Plan ·

Dit is eintlik nie n sleutel punt nie dis n Sleutel – Gat. Baie ver van klaar af en nog verder klaar van klaar betaal af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.