Medupi sal SA van beurtkrag red, sê Mabuza

Die Medupi-kragstasie. Foto: JMK/Wikimedia Commons

Adj.pres. David Mabuza het die onderneming gegee dat minder beurtkrag verwag kan word wanneer die laaste eenhede van die Medupi-kragstasie tot die nasionale kragnetwerk gevoeg word.

Medupi sal na verwagting in Desember begin krag lewer. Mabuza het gister tydens ʼn sitting van die Nasionale Raad van Provinsies gesê die situasie sal ook verder verbeter wanneer die regering elektrisiteit van onafhanklike elektrisiteitsprodusente begin aankoop.

Eskom pas Vrydag fase 3-beurtkrag toe nadat fase 4-beurtkrag gedeeltelik Woensdag en heeldag Donderdag toegepas is.

Volgens Mabuza is daar al herhaaldelik daarop gewys dat Eskom se kragstasies baie oud is en dat instandhoudingswerk ʼn probleem is. Hy het gesê Eskom het dit ook duidelik gemaak dat beurtkrag die land se voorland is terwyl roetine-instandhoudingswerk gedoen word.

Daar sal volgens Mabuza sowat 2 000 MW elektrisiteit van onafhanklike elektrisiteitsprodusente aangekoop word. Die nuwe bouprogram, wat die Medupi- en Kusile-kragstasies insluit, sal ook help om elektrisiteitsverskaffing te stabiliseer. Kusile sal na verwagting in 2023 voltooi word.

Mabuza se uitlatings strook egter nie met wat André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, verlede maand gesê het nie. De Ruyter het gesê beurtkrag sal vir minstens nog ʼn jaar toegepas word voordat die kans daarvan noemenswaardig sal afneem.

Eskom het in Junie gesê die landwye afsonderingstydperk het hom die geleentheid gebied om heelwat van die agterstand betreffende die instandhouding van infrastruktuur in te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

April is lankal verby

Wondermaarnet

Ja sure, en ons moet dit glo. Nog ‘n kader wat deur sy nek praat. Vanoggend op RSG sê die een bedryfshoof nog 18 maande van beurtkrag lê voor. Sover ek weet was daar meer as 6 maande terug al gesê nog 18 maande. Kan ook nie tel nie soos Zuma.

Fedup

And pigs really can fly, mabuza.
You are a muffin.

Kokerboom

Hierdie uitsprake reflekteer verskil tussen realisme en fantasie/populisme. Ek dink ons het nie ‘n idee watter absolute gemors Andre en sy span ge-erf het van die regime bestuurders en dan meng politici nog in. Miskien is wonderwerke nog moontlik. Ons moet hom ondersteun anders vat hy ook pad en dan is gemors groter. Hy probeer en kommunikeer ten minste

Herman

Medupi kan help, maar dit lyk of Mabuza glo die ou kragstasies se brekasies gaan nie meer word nie. Kom ons hoop hy is reg, maar die wind waai Wes.