Medupi se eenheid 3 ná maande op volle kapasiteit

Die Medupi-kragsentrale. (Foto: Eskom)

Nadat die Medupi-kragsentrale 75 dae lank weens enorme ontwerpfoute buite diens was, het dié sentrale se eenheid 3 eindelik aanlyn gekom. Die eenheid het verlede week sy volle opwekkingskapasiteit van 793 MW bereik.

“Die afhandeling van die werk aan die eenheid binne die voorgeskrewe tyd dui op die Medupi-span en sy kontrakteurs se toewyding tot die verbetering van die aanleg se vertoning wat betref beskikbaarheid en bestendigheid,” het Jan Oberholzer, Eskom sy bedryfshoof, gesê.

Oberholzer het gesê die bereiking van dié mylpaal moet geloof word omdat verskeie rolspelers bygedra het om suksesvolle oplossings te vind.

Eskom sê die hooffokus van die instandhoudingswerk was om die tegniese oplossings vir probleme met die stoomketels in werking te stel. Verstellings moes aan verskeie komponente van die eenheid aangebring word.

Verskeie toetse word nou op die eenheid gedoen. Nóg ʼn inspeksie sal ná 2 500 uur in bedryf op toerusting gedoen word om die doeltreffendheid van die aanpassings te meet.

Eskom is tans besig om soortgelyke aanpassings aan Medupi se eenheid 6 te doen. Dié eenheid is tans buite werking. Werk aan eenheid 1 sal in Mei vanjaar begin en eenheid 4 sal in Junie aan diens onttrek word vir dieselfde modifikasies. Eenheid 2 kom in Augustus aan die beurt, gevolg deur eenheid 5 in November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

Wat ek wil weet is, hoe maak jy ‘n ontwerpersfout op ‘n kernkragsentrale? Dis mos nou ongelooflik gevaarlik?

Lizanda

Ag ne, so wie moet ons bedank?

Duck

Pragtig. Hou dit nou net op die grid asb.

Jaco

Kernkrag?

Spook

Andre de Ruyter moes la Kal oor geneem het. Dinge šal nou gebeur! Well Done aan hom en sy span!