Medupi-werkers weier om terug te keer

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi  Power Africa

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi Power Africa

Stakende konstruksiewerkers by die Medupi-kragstasie naby Lephalale (Ellisras) het Eskom se aanbod om terug te keer werk toe van die hand gewys.

Die stakende werkers het gesê hulle sal terugkeer werk toe wanneer Eskom aan hul eis oor bonusse gehoor gegee het. Dit kom nadat die vakbond Numsa, kontrakteurs en Eskom ooreengekom het om 1 700 werkers weer in diens te neem nadat hulle afgedank is oor ʼn onbeskermde staking op 25 Maart.

Die werkers het tydens dié staking geëis dat blouboordjie werkers bonusse van R10 000 ontvang vir die voltooiing van eenheid 6 by die kragstasie. Eskom het egter die eis verwerp.

“Ons het op bonusse aangedring en Eskom het gesê dit is betaal, maar ons wil weet wat het met die geld gebeur,” het Mahlodi Modike, Numsa se streekskoördineerder, gesê. “Hulle het beloof om ondersoek in te stel en gevra dat ons lede moet terugkeer werk toe.”

Werkers het volgens berigte Woensdagoggend die paaie na konstruksiepersele geblokkeer. Die polisie moes die werkers uiteenjaag en die hout en klippe wat in die pad geplaas is, verwyder.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die situasie is onder beheer.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francois ·

Nou wonder ek maar net; waar kom dal die karg vandaan om al daai ligte helder oordag te laat brand? Ek dag ons is in Beurtkrag? Wys jou net weer hoe lieg Eskom vir almal. Maar dit kry jy nou as daar ‘n monoploie is. Hulle kan doen NET wat hulle wil!

jakes ·

Vra dit! MAAR maar 3jr laat en seker nou al 20maal oor begroting? AS HUL WEIER kry mense wat WIL werk! Te veel wil vandag te min vir te veel geld he’. Mos ‘n reg.

Peet Schabort ·

‘n Klip is darem ‘n wonderlike instrument. Kan mee gegooi word, paaie versper, sinkdakke in posisie hou, as ‘n hamer gebruik word. Is altyd beskikbaar, selfs in die middestad van Durban soos nou ook gesien.
Amper vergeet ek!! Kan ook vir monumente gebruik word.
Natuurlik ook idiome aangaande die klip. Toepaslik hier is “Vir iemand ‘n klip (uit) in die pad rol.

Jan Botha ·

Is hierdie mense wragtig ernstig om bonusse te eis vir werk wat 3-4jaar agter skedule is???

Paplepel ·

Hulle het maar net geleer by die Eskom base wat miljoene in bonusse gekry in die verlede vir patetiese (geen) diens. Die prentjie van Nero wat die siter speel terwyl Rome brand kom by my op…

V ·

Hulle wil alles net he en niks doen!Alles word altyd met geweld gedoen klippe,bande aan die brand steek.Weet nie wat hul daaruit bereik nie.Onosel dit is wat hul is.

Em ·

Dank hulle af daar is baie blankes wat werk nodig het en nie sal strike nie! Hulle foeter net die ekonomie op

scalla ·

Fire die klomp, daar is duisende daar buite wat graag die werk sal en wil doen, moenie hul lek nie asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.