Meegevoel vir sterwende joernalis

Carlien Wessels Foto: Facebook

Carlien Wessels Foto: Facebook

Talle persone betuig hul meegevoel met Carlien Wessels, vryskutjoernalis en voormalige redakteur, wat in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal lê.

Jeanne Els, ʼn vriendin van Wessels se suster Marinda Botha, het op Facebook geskryf: “In hierdie baie moeilike tyd het Marinda my gevra om julle namens haar en haar familie in te lig dat Carlien in ‘n kritieke toestand is,” het Els geskryf.

“Vir Carlien het die donker te veel geword,” het sy bygevoeg. “Sy is verlede week bewusteloos op haar geliefde plekkie in haar tuin gevind nadat sy ‘n oordosis medikasie geneem het.”

Volgens Els is Wessels steeds in ‘n koma. “Haar liggaam en gees wil nou nie langer baklei nie. Die masjiene wat haar help lewe gee, gaan waarskynlik binne dae afgeskakel word, wanneer die meeste familie by Carlien is. Marinda, ons dra jou, Carlien, al julle geliefdes in ons harte,” het sy gesê.

Wessels het diep spore in die Suid-Afrikaanse media getrap.

Hennie van Deventer, destyds die redakteur van Volksblad en daarna ‘n direkteur van Media24, het op Facebook geskryf die nuus is vir hom ʼn geweldige skok. “Sy is die pragtige, talentvolle jong dogter wat in die 80’s so dadelik ‘n sterverslaggewer by Die Volksblad geword het. Sy is ʼn lieflike mens. Diepste, diepste meegevoel met al haar geliefdes.”

Wessels was tussen 2000 en 2006 redakteur van Baba & Kleuter-tydskrif en tussen 2007 en 2010 die redakteur van Living & Loving-tydskrif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

rene ·

aggenee. so jammer dat dinge vir jou so swaar geword het Carlien. Rus sag mooi mens. xx

Susan Barnard ·

My innige meegevoel met almal wat so na aan haar is. Die Here gaan julle deur die moeilike tyd dra en glo in Hom. Sterkte Carlien R.I.V..

Marinda Botha ·

Baie dankie vir die mooi berig. Dit pla my egter dat julle se dat Carlien oorgegaan het tot so daad omdat sy nie werk kon kry nie. Sy het depressie gehad….n siekte. Baie interne en eksterne faktore het aanleiding gegee tot dit. Dis n vlak stelling om te maak en tas die waardigheid van my sussie aan.

Marinda Botha ·

Kan julle asb die stelling dat Carlien nie werk kon kry nie korrigeer asb. Depressie is n komplekse siekte en die rede wat aangevoer word is vernederend vir my sussa.

Johann ·

Suné, gee asb gehoor aan Marinda se versoek. Sorg ook vir betroubare beriggewing in die toekoms.

Baie sterkte Marinda vir die verlies van jou sussa. Mag daar vertroosting en berusting wees vir jou en jou familie. Jul word in baie se gebede gedra. ‘n Vertroosting. Sy is nou verlos van die siekte.

Sterkte.

Marinda Botha ·

Baie dankie vir julle meegevoel en opbouende berig oor ons sussa, Carlien Wessels. Ons as familie waardeer dit opreg. Tipies van my sussa is sy n orgaanskenker en ons troos le daarin dat sy selfs na haar heengaan nog steeds hoop gee. Sy sal voortleef in ons harte. Rus in vrede ons geliefde sussa, mamma, dogter en lewensmaat. Gallie, Michael, Zander, Sjokkie, Hermone, Reene en Marinda

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.