Meer as 100 jaar tronkstraf elk vir Margate-huisrowers en verkragters

Argieffoto

Argieffoto

Bongumusa Mbo Hadebe (31) en Bonginkosi Kwazi Mhlongo (21) is Woensdag swaar gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op vyf aanklagte van huisbraak, drie van verkragting, twee van poging tot moord en twee ontvoerings.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê die mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof skuldig bevind op die 12 aanklagte teen hulle. Hadebe is altesaam tot 115 jaar tronkstraf gevonnis en Mhlongo tot 145 jaar. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

“ʼn Aantal huisbrake en verkragtings is tussen Julie en November 2012 by die Ezinqoleni- en Port Edward-polisiestasies aangemeld,” het Zwane gesê. “In al die sake wat aangemeld is, was daar twee verdagtes wat mense geteister het. Hulle was gewapen en het klapmusse gedra.”

Volgens Zwane het Hadebe en Mhlongo hul slagoffers se huise betree, hulle met vuurwapens gedreig, hul besittings gesteel en dan verkrag.

Die Margate-polisie het op 10 Januarie 2013 ʼn deurbraak gemaak toe hulle die twee mans in hegtenis geneem het en hulle aan die onderskeie sake kon verbind. Die beskuldigdes is ook met gesteelde goedere betrap wat positief deur die regmatige eienaars as hul eie uitgeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Baie mooi, maar n moordenaar kry hoogstens 15jr en loop na 5 ??? My koppie is te plat om dit in te neem ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.