Meer aktiewe gevalle hiér as met tweede golf

Gesondheidswerkers by Steve Biko-hospitaal in Pretoria tydens die tweede virusgolf in Januarie vanjaar. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Die getal aktiewe Covid-19-gevalle in Tshwane het nou amptelik die metro se getal aktiewe gevalle tydens die piek van die tweede virusgolf verbygesteek.

Burgemeester Randall Williams het Maandag gesê die Stad Tshwane se jongste Covid-19-verslag toon dat die getal aktiewe gevalle in die metro tot 17 130 geklim het.

Dít dui op ʼn beduidende toename in aktiewe virusgevalle aangesien dié syfer verlede week op 10 971 gestaan het.

“Dié syfer is veral kommerwekkend aangesien die Stad tydens die piek van die tweede vlaag ongeveer 16 000 aktiewe gevalle beleef het, voordat ʼn afname in gevalle opgemerk is,” sê die burgemeester.

“Indien ons na die huidige tendens kyk, word dit duidelik dat aktiewe Covid-19-gevalle tans vinnig aan die toeneem is.”

Williams sê voorts nuwe bevestigde daaglikse gevalle neem ook skerp toe, met tussen 2 100 en 2 300 gevalle per dag.

Onlangse toename in nuwe Covid-19-gevalle:

Donderdag, 17 Junie 2 154 nuwe gevalle
Vrydag, 18 Junie 2 210 nuwe gevalle
Saterdag, 19 Junie 2 333 nuwe gevalle
Sondag, 20 Junie2 295 nuwe gevalle
Maandag, 21 Junie2 337 nuwe gevalle

ʼn Beroep word nou opnuut op die inwoners van Tshwane gedoen om vlak 3-afsonderingsregulasies streng na te kom. Pretorianers word spesifiek gevra om getrou hul hande te was, gesigmaskers te dra en sosiale afstand te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tanniepetoors ·

Hoe veilig is dit dan om nou in Gauteng na ‘n inentingsentrum te gaan?

Pieter ·

En as jy daar kom dan staan jy die hele dag en word net weer gevra om more terug te kom….

Jan ·

Die “golwe” is angsgedrewe en die angs is maatreëlsgedrewe weens aftakeling van immuniteit – die “golwe” is dus nie weens erger virusvariante nie maar weens die skepping van ‘n vreeskultuur.

MakersMark ·

Jan so as mens se koors oor 38 grade C gaan en die hoes, lyfpyn en asemtekort begin, en die bloed suurstof vlakke val < 80% en ek is semi bewusteloos, moet ek ICU toe gaan of 'n afspraak maak met my sielkundige dat hy kalmeerpille voorskryf ? Jou insig sal wardeer word.

Kathleen ·

het jy niks anders om te sê nie ? sê dan liewer boggerol

Pieter ·

LOL Jy’s 100% reg, sal maar maak soos die res en net my kop skud en niks se nie…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.