Meer as 1 000 babas op Kersdag in SA gebore

Susters by twee van die babas wat op Kersdag in die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg, Noordwes gebore is. Foto: ANA

Meer as 1 000 babas is op Kersdag in hospitale oor die hele Suid-Afrika gebore.

Popo Maja, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê Gauteng het die meeste Kersdag-geboortes aangeteken met 301 babas wat gebore is.

By die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is 47 babas gebore en by die Rahima Moosa-hospitaal 32 babas, onder wie ʼn tweeling. Daar is 161 dogtertjies in Gauteng gebore en 140 seuntjies.

In die Oos-Kaap is 275 babas gebore – 155 dogtertjies en 113 seuntjies. In Limpopo is 138 dogtertjies en 124 seuntjies gebore en in die Wes-Kaap 83 seuntjies en 55 dogtertjies.

In Mpumalanga is 153 babas gebore – 85 seuntjies en 68 dogtertjies. In KwaZulu-Natal is 63 seuntjies en 43 dogtertjies gebore terwyl Noordwes 70 dogtertjies en 45 seuntjies ryker geword het.

In die Noord-Kaap is 55 babas op Kersdag gebore – 29 seuntjies en 26 dogtertjies. In die Vrystaat is 35 babas op Kersdag gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.