Meer as 1 000 jaar tronkstraf vir sindikaatlede

Elf lede van ʼn koperkabeldiefstalsindikaat in die Vrystaat is gesamentlik tot meer as ʼn duisend jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan ʼn reeks aanklagte teen hulle.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die sindikaat het in 2015 en 2016 die gemeenskappe van Thabong, Welkom, Ventersburg, Virginia, Senekal, Odendaalsrus, Allanridge en Bronville geteister en duisende rande se koperkabels gesteel.

Die groep is vroeg in 2016 in Senekal in hegtenis geneem ná ʼn polisieoperasie om kabeldiefstal te bekamp.

“Terwyl hulle in Januarie 2016 verhoorafwagtend in die Senekal-gevangenis was, kon hulle daarin slaag om ʼn vuurwapen in die gevangenis in te smokkel waarmee hulle beamptes van korrektiewe dienste oorweldig en hulle van hul selfone en sleutels ontneem het. Een beampte is geskiet, waarna sewe verdagtes uit wettige aanhouding ontsnap het,” het Dhlamini gesê.

Al sewe verdagtes is daarna weer in hegtenis geneem en is in die Kroonstad-gevangenis aangehou totdat hulle Donderdag in die Kroonstad-hooggeregshof gevonnis is.

Die verdagtes, Naftali Makhuvela (34), Moses Makhuvela (35), Clement Mbembe (44), Elvis Mchunu (44), Jonas Mkhonto (32), Kenneth Kaitana Mhlongo (37), Ronald George (39), Alfred Masithela (40), Tsietsi Stephen Dichakane (42), Themba Mantile (37) en Herbeth Manyamane (26) is almal skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, kabeldiefstal en ontsnapping uit wettige aanhouding.

Hulle is gesamentlik tot altesaam 1 166 jaar effektiewe gevangenisskap gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lientjie ·

En hoeveel jaar gaan hulle regtig agter tralies wees??????? ………… 10 jaar??? Dan begin maar weer met hulle trieks!

Justice ·

106 jaar vir koperdiefstal aan elk van die beskuldigdes ongeag of hulle pobeer onstnap het op `n vorige geleentheid of nie. As moordenaar is jy baie ongelukkig indien jy meer as 15 jaar kry vir moord – ons regstelsel verwar my.

Stormrider ·

Ja, nee die kerels is vas! Hulle gaan elkeen ten minste 5 jaar sit! ?

Susan ·

Wat se bog is dit dat gerapporteer word dat daar gesamentlik meer as 1000 jaar effektiewe gevangenisstraf uitgedien gaan word?? Elkeen van die skuldiges gaan tog hulle straf alleen en in dieselfde tyd as die ander uitdien, en dalk maar EFFEKTIEF 10 jaar sit. Hulle gaan nie een na die ander tronk toe nie.

Die Skim ·

Ai soveel jaar en hulle het nie eers gemoor of verkrag??

Cor ·

Darem een oortreding waarvan die vonnis meer is as die twee doods kis manne sin.

SjN ·

Moet die man wat binne in die kis was dan ook nie soveel jaar kry vir die kabeldiefstal nie.

SAM ·

DIe manne het in 2 jaar ‘n skrik bewind gevoer. Hulle sal nie skroom om te moor vir kabels nie. Daarbei het hul ook gepoog om te ontsnap deur beamptes te skiet, met ‘n onwettige vuurwapen. Die regstelsel het vir ‘n verandering reg gevonnis. Wees tog nou asb vir eens dankbaar in plaas van so negatief.

Elke saak kom op sy eie meriete voor, so hou op dink jul wat leke is weet wat aangaan. Daar is nogal regsgeleerdes wat nog reg optree.

Rudolph ·

Dankie Sam. Jy gee vir ons goeie perspektief. Ons voel maar net soms die goed maak nie sin nie dan gaan ons op hol!

Pieter ·

Ek droom seker maar dit klink soos die regte soort van straf vir zuma en sy gupta pelle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.