Meer as 1 000 jong vroue per week met MIV besmet

Die negende Suid-Afrikaanse Vigskonferensie in Durban. (Foto: ANA)

Hoewel die aantal jong Suid-Afrikaanse vroue wat met MIV besmet word, afgeneem het, bly dié syfer skokkend hoog.

Volgens die departement van hoër onderwys en opleiding se MIV/vigs-program (HEAIDS) word 1 200 Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme van 15 en 24 elke week met MIV besmet. Dié getal het drie jaar gelede by ’n skrikwekkende 2 000 gedraai.

Dié data kom uit ’n voorlegging deur dr. Ramneek Ahluwalia, direkteur van HEAIDS, wat Woensdag gedurende die negende Suid-Afrikaanse Vigskonferensie in Durban voorgelê is.

HEAIDS bied en ondersteun MIV-versagtingsprogramme aan Suid-Afrika se ongeveer twee miljoen studente. Ahluwalia is op sy beurt deel van ’n paneel wat tydens die konferensie aanbiedinge oor jeuggesondheid en welstand doen.

Volgens Ahluwalia word al meer studente met MIV besmet aangesien tot 41% van studente meer as een seksmaat het. Weens die stigma wat aan MIV gekoppel word, laat studente hulself ook nie vir dié virus toets nie.

Ahluwalia se data toon ook dat onbeplande swangerskappe ʼn groot probleem is.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is vigs die hoofoorsaak van sterftes onder jongmense tussen die ouderdomme van 10 en 24 in Afrika, terwyl meer as 30% van alle nuwe MIV-infeksies wêreldwyd onder adolessente verwag word.

Die konferensie duur tot Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sos ·

Die keuses tussen reg en verkeerd word nie geleer nie. Kinders word te veel toe gelaat te vroeg. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles.

Ann ·

Ek stem saam Sos.
En dis a.g.v dat daar te veel ‘detail’ onder kinders se aandag gebring word in skole, en dat kinders take doen oor die goed. In Gr.10 moet daar nou n taak gedoen word oor tienerswangerskap wat 80 punte tel. Verslag moet geskryf word rondom hul bewustheid rondom tienerswangerskappe ens. Plaas gee hul meer aandag aan wiskunde in skole, wat tans n groot probleem is.

$ ·

Dis oor die SA-regering losbandigheid aanmoedig en aanwakker by bitter jong kinders in ons skole.

honourable member ·

12 jariges kry dan kleintjies so wat verwag hulle. Hulle word aangemoedig om vir social grands aansoek te doen aangesien dit hulle reg is.

Liana Barrett ·

Mense wat MIV het moet verhoed word om kinders te verwek , in elk geval te veel mense op aarde. Hoekom moet werkende mense ( deur belasting) betaal vir iemand wie nie verantwoordelik optree nie. Hoe gaan die regering voorbly om die MIV te wen deurdat baie babas met MIV besmet word. Vra net. Regering moedig net klomp kinders aan.

Liewe Lulu ·

Jou opmerking oor die las wat belasting betalers dra met die ondersteuning van MIV leiers, het my laat dink oor die mense wat in die tronke sit weens erge misdade soos moord en verkragting ens. Bring terug die doodstraf? Waar is die opvoedings gesag van ouers. Is “Human Rights ” nie dalk die groot oorsaak van kinders se wanopvoeding nie. Snaaks hoe ons ouer mense, se ouers ons reg “gefoeter” het as ons nie ons ouers en ander gerespekteer het nie. En wie moet ons nou blameer vir die probleem? Sekerlik die omstandighede, en swak disipline by die huis waarin die meerderheid nuwe demokrate vandag groot word? Hierdie situasies is abnormaal maar ons regering sien dit nie. 25 Jaar na demokrasie en al die siektes en misdade stoomroller buite beheer. Sterkte vorentoe. Totsiens vredeliewende Suid Afrika, Hello, Hel se Suid Afrika. Blankes, bepleit julle eie tuisland en maak julle los van die juk van teespoed en verdrukking.

tina ·

stop met arv’s uitdish wat n fortuin kos en wend daai geld aan om ons renosters te beskerm.

Risa ·

Ek kan my net voorstel onder wie dit die gewildste is. Sosio-ekonomiese probleem, minderjarige kinders en tieners slaap rond omdat die partner (wat veel ouer is) alreeds besmet is vir hulle kan sorg en na hulle kyk. Ouers en leierksap ontbreek weereens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.