Meer as 1 000 lyke in Gauteng-lykshuise nie uitgeken

Argieffoto

Altesaam 1 117 van die 17 940 lyke in Gauteng se 10 lykshuise is in die afgelope boekjaar nie uitgeken nie.

Volgens Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, is die syfers deur Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, bekend gemaak nadat hy ʼn vraag by die Gautengse wetgewer hieroor ingedien het.

Die syfers is vir die boekjaar April 2018 tot Maart 2019. Die grootste getal lyke wat nie uitgeken is nie, was by die Johannesburg-lykshuis (360), gevolg deur 115 ongeïdentifiseerde lyke by die Germiston-lykshuis, 107 by die Roodepoort-lykshuis, 106 by die Diepkloof-lykshuis en 105 ongeïdentifiseerde lyke by die Springs-lykshuis.

In die GaRankuwa-lykshuis is 73 lyke nie geïdentifiseer nie, 71 in die Pretoria-lykshuis, 18 in die Heidelberg-lykshuis, 16 in die Bronkhorstspruit-lykshuis en 10 ongeïdentifiseerde lyke in die Carletonville-lykshuis.

Bloom het gesê Masuku het ook bekend gemaak dat 18 lyke uitgeken is, maar nog nie opgeëis is nie. “Dit is ʼn menslike tragedie wat groter aandag verdien. Die meeste sterftes is weens misdaad en padongelukke. Dit is tragies dat baie gesinne nie van die lot van hul geliefdes weet nie, omdat hulle anoniem begrawe is ná ʼn gewelddadige dood.”

Volgens Bloom vra hy al jare lank vrae oor dié kwessie en sukkel die departement al sedert 2006 om ʼn internetstelsel te ontwikkel wat mense sal help om liggame te identifiseer.

“Qedani Mahlangu, voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, het belowe dat die stelsel in 2016 al ingestel sou wees. Masuku het intussen wel gesê ‘die funksionaliteit van die webwerf sal moontlik wees sodra die inligtingstelsel vir lykshuise ingestel is, wat na verwagting einde Oktober 2019 sal wees’. Die internetstelsel behoort volgens Masuku aan die begin van die 2020-’21-boekjaar in werking te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

thinus erasmus ·

ń Eenvoudige taak wat skrikwekkend onmoontlik vir die SA regering en amptenare is.

HPV ·

As mens onwettig in die land is kan mens nie uitgeken word sou jy sterf of selfs misdade pleeg nie.

Verwonderd ·

My eerste gedagte was : hoeveel van hierdie persone is dalk as vermis aangemeld.
Verder wanneer ID kaart gedoen word ,word vingerafdrukke geneem. Waarom is daar nie ń stelsel om dit te verbind nie.

Liefie ·

Met geen bedoeling om harteloos te klink nie, maar ek kon nog nooit die nut van n begrafnis sien nie, dis vrek duur en n onsmaaklike situasie. My man en kinders weet geen absoluut geen begrafnis vir my nie. Tamatie kis kassie of iewers gestrooi maar blomme fotos of kerk en geween of iets nie. Hou dan eerder n braai met die geld.

The Oracle ·

Meestal onwettige immigrante. As ons ordentlike stelsels by ons grens poste het sal almal indentifiseerbaar wees maar dis seker te veel gevra van ons regering…

Michael P ·

Ek moet saam met Tinus Erasmus stem Ons regering is nie opgewase vir hierdie situasies nie.

Nix ·

Dis vreeslik hartseer. Elkeen van daai mense is iemand se kind, ouer, broer of suster. Hoe en waar gaan die arme mense begrawe word? RIV!

Hennie ·

Ek hoop nie die ANC kla nie. Dis hul “oop grens” beleid wat dit veroorsaak. Elke dom besluit het ongewensde uitkomste!

Patat ·

Ons staats lykhuise is ook maar treurig. Ek wag al van Februarie af vir ‘n Post mortem report van my seun…hoe wag mens 9 tot 12 maande vir bloed toetse?

Rubber ·

Kan ons nie ‘n fonds stig om buitelanders se kostes te betaal om die lyke uit te ke nie’n. Sal 90 persent van die probleem aanspreek.

Wonder maar net ·

Nee wat Rubber om nou ‘n fonds te stig vir buitelanders om lyke te kom uitken gaan beslis nie werk nie, jy gaan bietjie besig wees … en die kans dat daai buitelanders hier gaan agter bly is 100%, want hulle kom dalk net agter hoe lekker is dit in die sonnige Suid-Afrika is vir sommige mense. Stig eerder ‘n fonds wat ons mense hier kan help of so iets. Dit is tog jammer vir die onopgeeiste lyke …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.