Meer as 1 000 vas in Gauteng

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Gauteng het oor die langnaweek meer as 1 000 verdagtes in die provinsie in hegtenis geneem.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is onder meer in hegtenis geneem tydens padblokkades en klopjagte. Volgens Masondo is 137 verdagtes in Ekurhuleni in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer verkragting, huisbraak, bestuur onder die invloed van alkohol en aanranding.

Masondo het gesê 369 verdagtes is in Pretoria in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer sakeroof, die rig van ʼn vuurwapen, die besit van dwelms en bestuur onder die invloed van alkohol.

Die polisie in Soweto en aan die Wes-Rand het 585 verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes staar onder meer aanklagte van aanranding, huisbraak en bestuur onder die invloed van alkohol in die gesig.

Die verdagtes sal Maandag in die onderskeie landdroshowe in die provinsie verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie ·

Dis niks om oor te spog nie Polisie, dis net die punt van die ysberg. Wat van die miljoene wat gesteelde vuurwapens het?

Ouvrou ·

Ek hoop dat die skuim wat die Helderkruin Area die laaste paar maande terroriseer ook gevang is. Happy Holidays to them!

Tiger ·

1000 gearesteer uit hoeveel honderduisend kriminele wat vry op straat loop? Ag nee wat die SAPD het geen rede om te spog nie.

Buitestander ·

Ek stem saam maar dit is ‘n 1000 minder om oor te kommer.

Kobus ·

Ou braggat….om more weer borgtog te kry…laat die grafieke en statistieke “goed” lyk…maar die werklike gevonnisdes n druppel aan die emmer…voor Kersdag is hul weer op hul pos om te roof en te moor…

Hannes ·

Padblokkade arrestasies is niks om oor te spog nie. Dis die easy targets, maklike werk, gewoonlik werkende mense wat se karre/lisensies nie reg is nie of onder die invloed van alkohol. As hulle al die hijacker, dwelm, en huisroof sindikate kan arresteer dan eers kan hulle maar spog.

Hannes ·

En dan eers sal ek dalk beindruk wees as hulle ‘n handewerker toesluit omdat hy 3 biere gedrink het.

Chris Ws ·

Van 1000 gaan miskien 20 tronk toe op die ou einde.Die res sal los kom op tegniese punte of dalk met ‘n ligte boete en so eindig die SAPD sege tog op in ‘n fiasko.Maar daai statistieke sal hulle nooit bekend maak nie.’n Duisend ekstra spoedlokvalle elke dag deur die land gaan baie meer vrugte afwerp as die’ storie!

Andre ·

Dankie SAPD.
Dis wel net ‘n druppel in die emmer, maar die emmer word vol deur elke druppel. Julle probeer darm. Daar is darm nog van julle wat julle werk probeer doen.

Peter Simpson ·

Ai die liewe mensdom is darem maar erg negatief en as iemand iets reg doen dan word hulle nog steeds afgekraak. Eenduisend arrestasies oor een langnaweek is ‘n prestasie as daar in aggeneem word dat daar slegs 1 polisiebeampte vir meer as 300 persone in SA is. Verder is die borgtog en dies meer nie die SAPD se verantwoordelikheid nie en dus kan ons dit nie om hul nekke hang nie. Besef al die beswaardes op hierdie blad wat dit alles geverg het om 1000 arrestasies te maak? Mense en hulpbronne moes gemobiliseer word. Mense is sonder oortydbetaling op spesiale operasies gestuur weg van hul families af. Nee jong, kom ons hou op om mense wat iets probeer reg doen te kritiseer en gee vir ‘n slag die krediet waar dit toekom! Onder kritiek sal die SAPD nie gedy nie, maar onder aansporing wel! Dankie aan ons manne en vroue in blou wat so hard probeer om ons land te beveilig!

Eddy ·

Baie maklik om 1000 arrestasies te maak as jy voor ‘n paar pubs gaan sit op ‘n vrydag en saterdag aand. Dit gaan my en jou egter nie beskerm teen moordenaars en hijackkers nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.