Meer as 1 500 van die Stad Johannesburg se werknemers het op ’n bedrieglike wyse die spesiale Covid-19-toelaag van R350 of ander maatskaplike toelae ontvang.
Die metro se forensiese groep- ondersoekeenheid (GFIS) het onthul dat 419 werknemers voordeel getrek het uit die spesiale Covid-19-toelaag terwyl nog 1 129 werknemers op ’n bedrieglike wyse voordeel getrek het uit ander maatskaplike toelae, waaronder kindertoelae.
Geoffrey Makhubo, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, sê nou tugstappe sal teen die skuldiges geneem word. Die burgemeester het ook die GFIS aangesê om die uitslag van sy ondersoek met die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) te deel vir verdere optrede.
Dié optrede kan moontlik strafregtelike vervolging insluit.
“Ons is onverdraagsaam teenoor misdadigheid en kriminele aktiwiteite. Ons is gekant teen enige vorm van korrupsie,” sê Makhubo.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Wie het hul goedgekeur vir hierdie geld
Sluit die tugstappe n bevordering in? Dis mos wat ANC doen.
Kry die geld terug en sluit toe. Of beter nog, vat hul pesioen om die geld terug te kry en sluit nog steeds toe en gooi die sleutel weg. Hulke jry elje maand GROOT salaris en dan ontneem hulle weerlose mense van ‘n lewenslyn.
Dank almal sowel as die wat dit goedgekeur het af
En so hou die ANC sirkus aan. En so hou ons maar net aan betaal. Hulle is slim en ons baie dom want ons bly maar net betaal