Meer as 1 miljoen slim ID-kaarte reeds uitgereik

Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige minister van binnelandse sake, toe sy haar ID-kaart in 2012 aan joernaliste getoon het. Foto: listrends.blogspot.com

Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige minister van binnelandse sake, toe sy haar ID-kaart in 2012 aan joernaliste getoon het. Foto: listrends.blogspot.com

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het gesê meer as ʼn miljoen slim identiteitskaarte is oor die afgelope jaar uitgereik.

“Ons is vol vertroue dat ons die mikpunt van 1.6 miljoen kaarte teen die einde van die 2014/15 finansiële jaar sal bereik,” het hy Woensdag tydens ʼn toespraak in Johannesburg gesê. “Ons beweeg vinnig as ʼn mens in ag neem dat die proses eers in 2013 afgeskop het.”

Apleni het gesê die departement implementeer ʼn stelsel om die proses vinniger en veiliger te maak. “Dit het aanvangklik 54 dae geneem vir iemand om ʼn gewone ID-boekie te bekom. Nou met die slim ID-kaarte neem dit minder as 10 dae.”

Van die 403 kantore van die departement van binnelandse sake, het 110 ʼn opnamestelsel om slimkaarte en nuwe paspoorte uit te reik. Altesaam 140 kantore sal na verwagting teen Maart met dié stelsel toegerus wees. Die slimkaarte kan slegs uitgereik word by die kantore waar die stelsel beskikbaar is.

Apleni het gesê die ou groen ID-boekies bly steeds geldig. Mense kan nog steeds vir die boekies aansoek doen by kantore waar die nuwe stelsel nog nie beskikbaar is nie.

Bandwydtevereistes vir die behoorlike inwerkstelling van die stelsel is egter ʼn uitdaging. Die departement is in gesprek met die Staatsinligting- en tegnologie-agentskap (Sita) en Telkom om maniere te vind om meer bandwydte, asook optiesevesel-kabels te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.