Meer as 10 000 ebola-gevalle

Foto: Dokters Sonder Grense/MSF South Africa, Facebook

Foto: Dokters Sonder Grense/MSF South Africa, Facebook

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Saterdag gesê meer as 10 000 persone is met die ebolavirus besmet.

Altesaam 4 922 persone het reeds aan ebola gesterf. Guinee, Liberië en Sierra Leone is die swaarste getref deur die virus.

Volgens die WGO is geen nuwe gevalle of sterftes wat met die virus verband hou, die afgelope drie dae in Liberië aangemeld nie.

Bykans 200 nuwe gevalle is in Sierra Leone aangemeld wat nou die aantal gevalle op 3 896 in dié land te staan bring. Altesaam 22 mense het die afgelope drie dae gesterf, het WGO gesê.

Alhoewel die ebola-uitbreking hoofsaaklik beperk is tot Wes-Afrika, was daar ook gevalle in Amerika, Spanje en Mali.

Vervoerowerhede in New York en New Jersey het Saterdag gesê enige dokters en verpleegsters wat na New York reis nadat hulle ebola-pasiënte in Wes-Afrika behandel het, moet eers vir drie weke onder kwarantyn geplaas word om die moontlike verspreiding van die virus te verhoed. Dié bevel is toegestaan nadat ʼn dokter van New York teruggekeer het nadat hy pasiënte in Guinee behandel het en toe van openbare vervoer gebruik gemaak het en ook inkopies gaan doen het voordat hy self met ebola gediagnoseer is. Hy is sedert Donderdag in isolasie by ʼn hospitaal in New York.

Ebola word deur ʼn besmette persoon se liggaamsvloeistowwe oorgedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.