Meer as 10 000 in Wes-Kaap vasgetrek

Argieffoto: SAPD

Meer as 10 000 mense is in minder as twee weke tydens die Wes-Kaapse polisie se feesseisoen-operasies in dié provinsie in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê sedert 15 Desember is verskeie polisieoperasies van stapel gestuur met die oog daarop om misdaad tydens die feesseisoen hok te slaan en polisie-sigbaarheid in die provinsie te verhoog.

Hierdie operasies het onder meer ingesluit 2 538 voertuig-kontrolepunte wat opgestel is, 116 padblokkades wat gehou is en 1 552 persele wat drank verkoop wat besoek is. Van hierdie drankpersele is 158 deur die polisie toegemaak en die handelaars is aangekla dat hulle drank onwettig verkoop. Daar is ook op 18 773 ℓ drank beslag gelê.

Van Wyk het gesê in hierdie tydperk is daar ook op meer as 158 kg dagga, meer as 5 kg tik, 1 246 daggaplante, 87 ongelisensieerde vuurwapens, 1 107 onwettige patrone en meer as R290 000 kontant beslag gelê. Altesaam 103 gesteelde selfone en 33 gesteelde voertuie is ook teruggevind.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die provinsiale polisiekommissaris, het die SAPD, die metropolisie, Kaapstadse verkeersbeamptes, provinsiale verkeersbeamptes, private veiligheidsmaatskappye en buurtwagte bedank wat almal help “om misdaadvlakke in die Wes-Kaap laag te hou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hennie ·

Dit klink of die polisie ‘n baie groot poging aangewend het met hierdie operasies. Die feit dat daar 10 000 mense gevang is wat lank rondgeloop het met hulle bedrywighede, beteken dat die polisie lanklaas hulle werk gedoen het. Toe skrik hulle skielik wakker met die feesseisoen! Wie wil hulle beindruk?

Dorothea ·

Moet hulle nog tronke bou? Gaan hulle betyds wees of is daar ook ‘n wag tydperk?

Leonora ·

Ag Hennie, wees liewer bly dat hulle dit doen. Dinge moet een of ander tyd begin verbeter en wat is n beter tyd as nou. Jou en ander mense se negatiwiteit is wat die land se problem aanhelp. Probeer die nuwe jaar ingaan met n positiewe houding, jy sal sien jy sal sommer beter oor jouself en die wereld om jou voel

Altie ·

Leonora ek stem saam met jou. Mense sit agteroor en lewer negatiewe kommentaar sover hulle gaan. Maar gestel daar word n beroep gedoen dat publiek erens hand bysit om dit n beter land te maak…..dan is die mense tjoepstil en sit nogsteeds agteroor. Ons volk sal nooit regkom nie…..nie met soveel negatieweteit en oordeel nie.

Vermeende ·

Hennie dit is presies my sienning.
Die SAPD kan nie van deeltydse arbeid gebruik maak om misdaad te bekamp nie so die mannekrag is in die SAPD maar die wil ontbreek maar net in 11 maande van die jaar.

Johan ·

Hoeveel van die 10,000 is mense wat die spoedgrens met 10km/h oorskrei het?

Kewpi ·

Nee Wat tronke is oorvol!!!
More weer op straat, dokets gaan weg raak ens .
Plaas begin hul Grense beskerm, plase Boere betaal Vir al hul Kinders Se SASSA.
Sa te diep n seer Wat nooit gesond Kan word nie.
Ek stem Saam bou Maar weer n tronk op Robin eiland kriminele moet geheel en al Verwyder word van samelewing sonder voting rights ens.
Kyk na Oscar Vermoor girlfriend koel bloedig en kry 13 jaar.
Dinge Sal nie verander nie.

Deloris ·

Goeie werk, wonder of daai klomp drank regtig uitgegooi gaan word?

Adriaan ·

Ek is bly daar word n poging aangewend om misdaad te beveg, en in besonder dat 87 ongelisensieerde vuurwapens nie meer in omloop is nie. Hierdie is egter slegs 1 aspek van misdaad bekamping en daar moet oa gesorg word dat die vuurwapens nie hul pad terug na verkeerde hande vind nie. Die operasies se werklike sukses kan bepaal word eers wanneer ons weet hoeveel van die 10000 vasgetrektes suksesvol vervolg is.

piper ·

mooi so. maar hoekom doen die hele land dit nie en hoekom nie reg deur die jaar nie. ek dink akkomodasie is die probleem. waar hou hulle soveel mense aan.?

Pop ·

Hennie dis mense soos jy wat maak dat die polisie niks WIL doen nie. Niks kan mense soos jy tevrede stel nie. Enigeen gedy op prysing. Wel ek se ” Welgedaan julle ouens. Daar is van ons wat dit waardeer en trots is oop julle.”

damon ·

waarom word daar op dagga beslag gelê? die wes-kaapse hooggeregshof het dit dan “wettig” verklaar. Eks deel van ‘n buurtwag en na hierdie “wettiging” deur die wes-kaapse hooggeregshof, word dit aanmekaar met ‘n uiters arrogante en aanvallende houding aan ons voorgehou deur mense wat openlik in ons buurt se strate en parke dagga rook. Ons kry niks uitgerig teen hulle nie.

Ben ·

Aan die SAPD, baie Dankie, ons as gemeenskappe in Suid Afrika , veral in die Wes Kaap, waardeer dit. Hou so aan.

bgj van der westhuizen ·

soos ek verstaan het van n sapd lid kan jy net binne in jou huis dagga rook wettig en nie op straat nie ek hoop nou net die sapd gaan dit nou aan een vol hou wat hulle nou gedeon het dat daar weer wet en order kan kom

Jankees ·

Lees ek reg!!! 10.000!!!! Genade, dan is die plek mos n helhool.

Max ·

As mens na die SAPD se statistieke kyk sukkel al n hele paar jaar met die optel somme!

Pop ·

Vermeende ja, ek is nogal met min tevrede. Maar hierdie was baie arrestasies. Ek braak nie gal oor alles nie. Probeer dit bietjie.

M A ·

Gaaaap! Maak my wakker as die opskrif lees 10 000 suksesvol vervolg.

Chilli ·

“Pleks, plaas, pleks dit, plaas dat” om Vaders Naam sal geen mens wat so loop en moan ooit tevrede wees nie! Ek persoonlik dink dis flippen goed. As die SAPD so kan volhou sal ons land erens kom. En net iets vir gedagte, wanneer die polisie n skelm vang, kon hul altyd iets beter of anders gedoen het maar wanneer n polisie lid dood gaan kom hou sommiges hulle so skeinheilig. Nie AL die polisielede leef net vir n salaris nie. Sommiges dra nóg daardie uniform met trots en weet nie of hul ooit die einde van hul skof nog sal leef om net dankie te kan se dat hul leef nie.

CHRISTA ·

Ek stem saam: mense is met NIKS tevrede nie – selfs Adam en Eva wat ALS in die paradys gehad het wou selfs EEN ding wat hulle nie kon kry nie OOK hê!!

Gelukkig kry ons nog polisiebeamptes vir wie hulle werk ‘n passie is en nie net ‘n werk nie!! Ek is BAIE trots op hulle!! Hou so aan!!!

Fourie ·

BAIE DANKIE ! Ons eer julle vir wat julle doen. Ignoreer alle kwetsende opmerkings en sinisme. Die van ons wat self in daardie uniform was, weet van die durf, moed, dapperheid en toewyding wat daarmee gepaardgaan. Ons weet van families se kommer wanneer jul aan diens is. Dit is geen ligtelike taak nie, maar ‘n altrüistiese roeping. DANKIE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.