Meer as 100 agter tralies ná twee dae van geweld

Groot skade is tydens die oproer in Johannesburg aangerig.

Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) het die verspreide voorvalle van geweld op verskeie plekke ten sterkste veroordeel.

Meer as 110 mense is reeds in verband met dié voorvalle in hegtenis geneem.

“Sedert [Sondag] is verspreide voorvalle van geweld in verskeie provinsies gepleeg wat verband hou met die vragmotorbedryf, terwyl daar in heeltemal onverwante voorvalle plundery en die beskadiging van eiendom in Johannesburg aangemeld is,” het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

In KwaZulu-Natal is 20 mense aangekeer in verband met die staking in die vragmotorbedryf, terwyl meer as 90 mense in Gauteng agter tralies is nadat hulle glo winkels geplunder en eiendom beskadig het.

“Die voorvalle van geweld is blote misdadigheid en moet ten sterkste veroordeel word. Die verdagtes sal in die verskillende howe verskyn op aanklagte wat poging tot moord, openbare geweld, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en opsetlike saakbeskadiging, insluit,” het Naidoo gesê.

Natjoints het ook gevra dat diegene wat skuldig bevind word, die maksimum vonnis opgelê word.

Daar is intussen bykomende maatreëls ingestel om ʼn herhaling van die afgelope paar dae se gebeure te voorkom.

“Terwyl bestendigheid na die geraakte gebiede teuggekeer het, is dit ontstellend dat mense aanhou om ou foto’s en video’s rond te stuur van gruwelike geweld wat weer hernieude gewelddadige reaksie kan uitlok. Sommige van dié foto’s is moontlik nie eens in Suid-Afrika geneem nie,” het Naidoo gesê.

Hy het mense gevra om verantwoordelik op te tree wanneer hulle oorweeg om sulke boodskappe te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Mossie ·

Kry die misdadigers van die strate af dan sal geen foto of videoclip hul aanspoor om so op te tree nie. Dis nie foto’s en videoclips wat hierdie dinge veroorsaak nie, dis n ingebore drang na vernietiging wat dit veroorsaak.

Susan ·

Is daar een witmens betrokke by hierdie geweld. NEE want ons het verstand. Hulle verstand is weggebrand

Jimmy ·

Witmense het klaar verloor, so waarom sal hulle betrokke raak.

wet ·

Klaar verloor het niks met dit te doen nie. Ek´t al slegte witmense gesien maar noog nooit gesien hoe hulle alles in hul pad vernietig nie.

Kallie ·

Hoekom sal witmense betrokke raak? Indien daar wel ‘n motivering is sal hulle help vernietig. Dink maar aan die OB in die 1940s.

Werner ·

Wel sien hulle het alweer begin in JHB dink nie hierdie gaan gou ophou nie

Eléne ·

Nou moet ons hulle kosgee en heerlik gratis verblyf in die tronk!
Dan moet die persoon wie se eiedom beskadig is al sy verliese dra???? Daar is n swak skakel in die beheer van ons land!

Tino ·

Joe en Mossie, julle skrywe is in die kol!

Dit is baie jammer dat hierdie skade aangerig is maar tot tyd en wyl die polisie en weermag nie met skerp punt ammunissie optree nie gaan die probleem nie op gelos word nie. Regstelling, vonnis en straf in die daad, waar is die regte van die mense wie se eiendom beskaded word MRK en MRH?

Johan ·

Wat gaan hierdie misdadigers se straf wees? ‘n tikkie op die hande met: “Loop maar nou. Moet net nie weer stout wees nie, totsiens”

Hanna Hoekom ·

Seker reeds weer vrygelaat ook… Hoop hulle het hul les geleer! Gaaaaap!

wilma ·

So kry ons vanoggend vroeg alreeds SMS’e van verskeie kerke asook organisasies wat allerlei skenkings asook bydraes vra. Nodeloos om te sê dat baie van ons alreeds platsak gegee is en die verwoesting kry net nie ‘n einde nie.

Hanna Hoekom ·

Seker reeds weer vrygelaat ook… Hoop hulle het hul les geleer! Gaaaaap!

blouapie ·

Gearresteer? Maar more is hulle weer op straat! Net in SA!

Dis nie snaaks die polisie is al moedeloos nie. Doen hulle werk en verder gebeur: NIKS!

Frikkie Geld en huis ·

Min mense het seker destyds Oom Siener geglo toe hy al hierdie dinge voorspel het. Veral die deel waar hy noem dat God met hom gepraat het. Vandag sien ons die waarheid wat daarin steek. Die land sal afgebreek word totdat daar niks oor is nie, en sal daarna weer deur God se kinders opgebou word, wie se nageslagte die vrug sal geniet.

Beulah ·

Absolute waarheid. God het Sy mense gewaarsku meer as ‘n honderd jaar terug al. Op skrif.

gatiep ·

Ek het dan gedog dis ons nasionale sport,
Nou sien ek hulle word toegesluit.

Jasper ·

Behawe n paar ou fotos en n video of 2 het ek genoeg gesien om te weet dat die stemboodskap wat voor die tyd op Whatsapp rondgestuur was, tog nie vals nuus was soos wat beweer was nie.

Maljan ·

Tot tyd en wyl die “stakers” na gelang van hulle dade gestraf gaan word en geldelik vergoeding moet doen, gaan dit aanhou. Noem die dade VANDALISME, MOORD, AANRANDING, BRANDSTIGTING, DIEFSTAL, INBRAAK, BESKADIGING VAN EIENDOM, BLOKKERING VAN OPENBARE STRATE EN PAAIE, BESKADIGING VAN OPENBARE PAAIE EN STRATE DEUR ROTSE EN BRANDENDE BANSE DAAROP TE SLEEP, INTIMIDASIE ens en laat die bedrag en straf ooreenkomstig wees, dan sal dit verminder. Hou die unies en stigtings en drukgroepe en hulle sameroepers verantwoordelik vir die skade wat hulle stakers aangerig het. Hou op monitor en tree na behore op. Misdaad moet vervolg word. Hulle het geen polisie en weermag toeskouers nodig nie. Bring Naidoo, is dit altyd ou foto’s en video’s? Op een video is die motor en man op die grond en gewapende uniform draer duidelik sigbaar op een van mm se berigte van gister se gebeure.

Grysburger ·

Wie wil wed: hierdie persone wat gearresteer was sal ‘n ligter straf kry as diegene wat dit sou durf waag om die ou vlag te vertoon?

Nico K ·

Wat baie terleurstellend is, is dat die berigte voor die tyd versprei was en die SAPS was nêrens ontplooi nie.

Gert van Wierdapark ·

Sjoe!!! 100 is agter tralies! Hul sal goed dopgehou moet word, anders dra hul die TRONKE ook leeg!!!

De Villiers ·

Het hierdie skurke en ander vandaliste geen skaamte in hulle vir die feit dat hulle as afbrekers beskou word nie? Hoe kan jy met jouself saamleef as jou aksies tot nadeel van almal om jou en jou land is? Hoe dink hulle moet jy ń land opbou as jy dit wat oor jare opgebou is oornag afbrand, en dan was dit nie eens jou eiendom gewees nie? Maar ons moet saam werk, sê die ANC. Regtig!

JR ·

Hulle kry die land reg vir hulle want hulle wil in n vuil en afgebreekte omgewing bly

chrisjan ·

Hierdie 110 misdadigers is reeds terug op straat ,gewaarborg!Die strafreg stelsel faal die wetsgehoorsame burgers van die land wie se regte erg geskend word deur die’ misdadigers ,maar dis maar oraait.Net ‘n misdadiger het regte.

Pottie ·

Ons het nie meer n sraf regstelsel nie want hulle werk vir die anc regering wat korrup is

HEKSIE ·

IS DAAR OOIT PLEK NOG IN DIE TRONKE? SHAME HULLE SAL MA N MATRAS MOET DEEL.

Ig ·

Wilma, Charity begins at home, gee net vir Helpende Hand en soorgelyke instansies.

marous ·

Dis fantastiese werk biergadier ! Die anargie gaan voor vanaand stop want die manne in blou se hardhandige optrede en die howe se vonnisse is ‘n verskrikking wat enige hardebaard krimineel se broek laat bewe !

Charl ·

Altyd net dieselfde storie, HULLE VEROORDEEL DIT TEN STERKSTE, die goed hoort in die bos en nie in die samelewing ni

Johan Pretorius ·

Die grootste probleem is dat die SA Polisie absoluut niks beteken nie . Hulle is uiters swak.

Nie net Johannesburg ·

Germiston se middestad het ook deurgeloop. Groot skade aangerig en die polisie moes hulle met rubbertjies skiet by die taxi ranks.

Ruby ·

@ Nie net Johannesburg, dis waar, Germiston loop erg deur.

Bottelstore word geplunder, asook vleis, daar word sommer so op die vleis getrap soos hulle weghardloop.

Kriminele gebruik die vragmotor staking as ‘n rede vir hulle inkopietogte.

Ons land brand! As julle mense oorsee ken, stuur die foto’s aan.

Adoons ·

Die ANC en die comrades is in beheer, moenie worry nie! Die polisie is nie in beheer nie, ook nie die regering nie, die ANC is, so moenie worry nie! Baie toeriste besoek nog die land en rommelstatus is nog ver weg. Al die probleme is die vorige regering se skuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.