Meer as 100 Covid-19-gevalle by Tuks

Universiteit van Pretoria

Altesaam 115 studente van die Universiteit van Pretoria (UP) het die afgelope 18 dae positief getoets vir Covid-19.

Daar word vermoed dat die studente die koronavirus nie op kampus opgedoen het nie, maar eerder by plaaslike kuierplekke en restaurante in Hatfield.

Rikus Delport, UP-woordvoerder, sê in ’n verklaring verskeie inwoners van verskeie universiteitskoshuise het sedert 19 Maart positief getoets vir die koronavirus.

Dié betrokke studente isoleer intussen tuis of by fasiliteite wat deur die universiteit en die departement van gesondheid goedgekeur is. Die UP het intussen alle gemeenskaplike gebiede asook dié wat spesifiek deur die betrokke studente gebruik is, ontsmet.

Die universiteit is tans besig met kontaknasporing.

Delport sê daar word nie verwag dat die universiteit se akademiese program ontwrig sal word nie aangesien die meeste klasse aanlyn aangebied word. Alle georganiseerde aktiwiteite wat die studentelewe betref, is egter vir eers opgeskort.

Daar is ook tans besprekings oor die beste manier om studente-risikogedrag wat Covid-19 betref buite die koshuis en kampus aan te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Om meer “gevalle” te identifiseer moet hullle eenvoudig meer toetse doen. Hulle sal reste van “die virus” nou agter elke bos uitskop. Nerens ter wêreld het “aanpassings in gedrag” enige wesenlike impak op die verspreiding of effek van ‘n virus gemaak nie, maar hulle hou vol met die waansin wat net verdere kollaterale skade berokken. Die “aanpassings” wat reeds geïmplementeer is en word doen onmeetbaar meer skade as wat enige virus kan hoop om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.