Meer as 100 Gautengse skole beskadig, besteel

Argieffoto (Foto: Verskaf)

ʼn Totaal van 105 inbrake en voorvalle van vandalisme is sedert die begin van die jaar by Gautengse skole aangemeld.

Faith Mazibuko, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het in antwoord op skriftelike vrae van die DA gesê Orlando High School in Soweto, Sebokeng Community Learning Centre in Sebokeng, WF Nkomo Secondary School in Atteridgeville, Mthombo Primary School in Mamelodi en Tshepisong Primary School in Kagiso het die afgelope twee maande sake van diefstal by die polisie aanhangig gemaak. Talle skole het ook onder vandale deurgeloop.

Volgens Mazibuko is slegs ses verdagtes in verband met dié voorvalle in hegtenis geneem. Van die verdagtes is herhaaldelike oortreders wat reeds tereg staan op verskeie ander aanklagte.

Die DA sê hy glo daar is meer inbrake en voorvalle van vandalisme in die provinsie as die 105 wat aangemeld is.

Khume Ramulifho, die DA se skadu-LUR vir onderwys, sê na afloop van hierdie voorvalle is dit duidelik dat die Gautengse onderwysdepartement nie oor ʼn doeltreffende strategie vir skoolveiligheid beskik nie en ook misluk het om dié voorvalle te voorkom.

“Dit is kommerwekkend dat skole só deur misdadigers geteiken word. Die Gautengse onderwysdepartement verloor miljoene rande weens diefstal, inbrake en vandalisme, maar hulle doen ook nie iets om hul bates beter te beveilig nie,” sê Ramulifho.

“Die polisie moet skoolveiligheid prioritiseer en sigbaarheid van die polisie opskerp.”

Ramulifho sê daar is boonop ʼn behoefte onder lede van gemeenskappe om eienaarskap van skole te neem. ʼn Goeie verhouding moet tussen dié lede en wetstoepassingsagentskappe gevestig word ten einde skole se veiligheid se prioritiseer.

Die DA doen ʼn beroep op die polisie om toe te sien dat alle sake wat aangemeld word, ondersoek word en die skuldiges in hegtenis geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

En waar is ou Lesufi? So stil as wat hy kan wees want dit is nie n saak van rasisme nie…

Persheks Adri ·

Kyk na waar is die skole geen wonder nie! Breek net af en bou sweet blou 0 pffft

Maggies ·

Die waarheid is dat daar al minder om gegee word. Niemand gee regtig meer om wat in hierdie land gebeur nie en die paar wat wél nog omgee se hande voel vasgebind deur die res wat nie omgee nie.
Dit is ‘n ewige sirkel van agteruitgang wat in ons eens pragtige land heers.
Hoe dan nou anders as die regerende party, tee partytjies hou met die grootste skelms in hulle midde.
Dinge sal net vererger. Daarom maak dit nie eens meer saak of die skole afgebreek en gevandaliseer word nie.
Daar is in elk geval geen goeie rolmodelle vir daardie skoolgaande kinders oor nie.

Boer ·

Dan skryf hulle matriek en slaag met 30%. Dan wil hulle almal Pilots of managers word en betoog voor die varsity’s omdat hulle nie plek kry nie, dit wil hulle ook verniet he.

Elize ·

Hulle breek en brand die skole af sodat hulle in die stedelike skole ingedruk moet word. Dit sal my nie verbaas as die EFF hier ‘n bydrae maak nie.

Heinrich ·

Die ANC is sy eie slegste vyand…die klimaat wat geskep is deur swak beleidsrigting, wat lei tot meer werkloosheid, wat lei tot meer misdaad waarvoor hulle nie genoegsame hulpbronne of politieke wil het om aan te spreek nie. Dan is daar die ge-dekoloniseerde leerplanne in die skole wat kinders reeds op skoolvlak ‘n ‘sense of entitlement’ gee, wat baie van hulle nie eers kan deurvat matriek toe nie en toetaal en al lei tot ‘n gros mense wat nie oor enige vaardighede beskik om suksesvol ‘n professionele of betroubare posisie te kan beklee nie. Al wat oorbly is misdaad, waarvan ANC leiers briljante voorbeelde stel.

ElizeK ·

Makliker om aan hekke van Afrikaanse skole slotte te kom sit waar dit veilig is as om na skole in hul eie omgewing te kyk. Flippen stupud stupid spul….en hier stop ek eerder!!!!

Sarel ·

Wst van skole wat leeg staan…die Opposisdiebis ook net bek maar verder niks

Jacobus ·

Mr Lesufi, híér is nou ‘n saak waarin jy jou tande kan insink.

ES ·

Maar hulle dring aan op “free education” sonder om te wonder waar die geld vandaan gaan kom.

Pietertjie ·

Homo destructor. Geleerdheid het geen waarde vir our people nie. Solank hy iets kan kry sonder om te werk daarvoor.

Racheltjie Debeer ·

6 Verdagtes wat gereelde oortreders is en reeds teregstaan op ander klagtes. Wat is fout met die prentjie? Hoekom is hulle nie agter tralies waar hulle hoort nie? Intussen moet die kinders by die huis sit want die departement is te treurig om n plan te maak om skole instand en veilig te hou. Hulle gebruik eerder ons belastinggeld om hulself te verryk.

Casper ·

Die polisie moet skoolveiliģheid prioritised maar nie plaasmoorde nie.Is ‘n skool werklik belangriker as voedselsekerheid?Sigbaarheid van die polisie moet opgeskerp word by skole neem ek aan maar nie in die landelike gebied nie.Hoe diskriminerend en ‘n klap in die gesig van boere.

Jakes ·

Moet liewer nie iets negatief hieroor se nie want dan is jy n rassis en pas haatspraak toe.

Regverdigheid ·

Dan kla hulle as daar nie plek is in n skool, maar hul breuk niks op als word vernietig .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.