Meer as 100 karkasse in wildtuin ontdek

Argieffoto

Argieffoto

Die Krugerwildtuin het Woensdag gesê ʼn ondersoek sal gedoen word nadat meer as 100 diere dood is toe hulle aan ʼn dooie olifant, wat eers geskiet en toe met gif besmeer is, gevreet het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die karkasse is Sondag in die noorde van die wildtuin in Limpopo ontdek. Hy het nie die presiese ligging verskaf nie. “ʼn Olifantkarkas is gevind met skietwonde aan sy kop, sy tande is verwyder en die karkas is met gif besmeer. Ten minste 110 witrugaasvoëls, twee leeus en twee jakkalse is ook dood nadat hulle aan die vergiftigde karkas gevreet het,” het hy gesê.

Volgens Mabasa word diere meestal in Oos-Afrika vergiftig, maar daar is verskeie redes waarom stropers die diere wat hulle doodgemaak het, ook vergiftig.

“Een van die teorieë hieroor is dat hulle bloot wraaksugtig is en diere net wil doodmaak. Hulle weet leeus, aasvoëls en ander diere sal aan die karkas vreet en hulle wil hulle graag ook doodmaak,” het Mabasa gesê.

ʼn Ander rede is om spesifiek die aasvoëls dood te maak vir moeti, omdat dit moeilik is om ʼn aasvoël te vang en dood te maak, het hy gesê.

Mabasa het gesê dit is nie die eerste keer wat ʼn olifant in die wildtuin doodgemaak en met gif besmet is nie. Vroeg verlede jaar is ʼn olifant ook gestroop en vergiftig en 44 aasvoëls is dood nadat hulle aan die karkas gevreet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Dit sal seker meer as ‘n wonderwerk verg om in hierdie verligte eeu waarin ons leef van hierdie wrede, sinnelose barbaarsheid ontslae te raak.

wilma ·

So tragies mense is nie genoeg nou moet diere ook dood gemaak word. Waar gaan dit eindig

Dee ·

4rde Paragraaf ‘wraaksugtig’ is verkeerde woord want dit is ‘sadisties’.

François ·

Sal net graag by Maroela wil verneem hoekom my kommentaar nie geplaas is nie?!

Landi Slatter ·

Dagsê Francois

Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

tamboti ·

Glad nie verbaas, in Afrika is daar geen perke nie, dit kan altyd nog slegter en wreder gaan. Soos die klein dolfyn op Brasilie se strand, hier so hulle met hom sokker speel of muti maak, necklace of so iets.

François ·

Landi, dis dan interessant dat die kommentaar wat volg direk op jou antwoord aan my, geplaas is. Ek het my vergewis van die T’s & C’s. Was ek dalk te krag? Siestog!

Winston ·

Dis soos n vriend van my gesê het op n dag oor n plakker agterop my voertuig teen renoster stropery: “Dit help nie om sulke goed te doen nie. Dis die manne op die grond wat saakmaak. Mense wat bereid is om hulle werk te doen en bestuur deur iemand sonder vooroordeel en met durf.” Stem saam. Natuurbewaring het niks met politiek te doen nie. Dankie vir die manne wat hulle werk doen. Dit is prysenswaardig. Jammer dis 99% teen barbaarse optrede soos hierdie berig. Afskuwelik.

Jaco Grobler ·

Nie heeltemal reg nie, daai plakker kos R5 om te maak, en jy betaal R100 vir hom, as jy die regte plakker koop, gaan R95 na die ou wat wel in die posisie is om aktief betrokke te wees by bewaring. Die regte ding om te doen(binne elkeen se vermoeë) is om eintlik elke maand die plakker te ruil.

Tania ·

Ai dis so hartseer, dat die mense die dier straf vir sy eie gewin. Hoekom so ver gaan om die ander diere te vergiftig? Dit is inderdaad sadisties. Dis asof hulle nou uit hulle pad uit gaan om alles dood te maak. En die rippel effek is selfs erger. Want hoeveel ander diere, uile ens eet nie ook van die vleis nie? Erens moet iemand nou begin iets doen. Ek dink die ministers en president moet normale salarisse verdien en die res moet gaan om kinders, oumense en diere te begin beskerm.

Eliza-beth ·

Die mens (sekeres van die spesie – soos hierdies, byvoorbeeld) walg my

Gerhard ·

As jy steel omdat jy of jou gesin honger is, daarmee het ek simpatie. Maar waar gedrag soos om aasvoels te vergiftig of n olifant gif te smeer ondervind word wonder ek of die mense wat hulle erger as roofdiere gedra enigsins normale mense genome kan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.