Meer as 100 myne sonder waterlisensies

myn staking mynhoed

Argieffoto

ʼn Totaal van 115 Suid-Afrikaanse myne word bedryf sonder ’n waterlisensie en 118 uit 712 myne wat wel oor waterlisensies beskik, voldoen nie aan die voorwaardes van dié lisensies nie.

Die VF Plus het in antwoord op ʼn parlementêre vraag aan Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, met skok van dié toedrag van sake verneem.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het Donderdag in ʼn verklaring gesê dit wys bloot dat “myne argeloos voortgaan om die omgewing te besoedel en dat die waterlisensiestelsel nie na behore werk nie”.

Volgens Alberts is die meeste myne wat hulle hieraan skuldig maak in Mpumalanga geleë. Myne in Gauteng volg kort op hulle hakke.

Alberts het gesê die Shiva Uranium-myn in Klerksdorp in Noordwes wat aan die Gupta-familie behoort, is een van dié wat nie aan waterlisensievoorwaardes voldoen nie.

“Die Nasionale Waterwet word eenvoudig geïgnoreer of willens en wetens verbreek,” lui die verklaring.

Volgens Alberts gaan die VF Plus die bevindinge aan die Blou Skerpioene voorlê vir ondersoek en verdere optrede. Indien daar niks van kom nie, sal die inligting aan die Valke oorhandig word vir optrede.

“Die VF Plus glo dat mynaktiwiteite in balans met die omgewing moet plaasvind, dat mynlisensies nie onnodig gegee moet word nie, en dat diegene wat die omgewing besoedel, tronkstraf moet kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai, die kapitalistiese, emperialistiese, rassistiese kolonialiste met hulle “waterlisensies” en allerhande reëls, regulasies en wetgewing darem…….Voor 1652 was daar nie sulke goed nie. Die aarde het aan almal behoort wat dit wou plunder….wat myne is, is joune, en wat joune is, is myne…..en as jy nie saamstem nie het die Koning jou van ‘n krans af laat gooi…..problem solved!!

Joe Olivier ·

En soos met baie ander dinge is dit weereens die VF+ wat die dinge oopkrap ipv om hulle te bemoei met kleinlike politiekery. Afrikaners maak oop jul oë en stem vir hulle op 8Mei.

Gerhard ·

Elke bietjie hulp is nodig om di onwettige myn tussen Belfast en Dullstroom toe te maak. …

John ·

…. en steeds woeker die Guptas voort op ons grondgebied en die kommissie vermy die Zuma-vriende soos vername uitlandse afgode. Wie trek voordeel uit die duur grondstowwe… Indiè waarheen Cyril kort na sy bevordering tot staatsprez genooi is vir ‘n helde-ontvangs.? Alles gaan steeds aan soos voorheen en net die klein mank jakkasies se tranestories word vir maande op die SABC uitgeblaker. Die Gupta-myn se handelslisensie moet teruggetrek word… vergeet van water…

Chris Ws ·

Mooi so VF+ !Waar is die wonderlike DA en die res nou?Afrikaners maak oop julle oe VOOR julle die vyand by die stembus ondersteun!

humor ·

Alles onder die anc se beheer is soos n pap verrotte pampoen en tog het hulle die onbegryplike verwaandheid om steeds die land te wil regeer.

Michelle ·

Hoekom sal die minister dan nou geskok wees kom nou weet julle nie wie die Gupta’s is nie hulle is die liewe mense wat daar van Dubai af kom wat deur ons vorige President Jacob Zuma genooi en toe myne en besighede hier gekry of gekoop het sy behoort hul mos regtig te ken. Hierdie hele land is in so korrupsie gedompel. Almal weet iets.

Anita ·

Ek verstaan nie dat ‘n myn aan die Guptas behoort, hulle was vir staatskaping verantwoordelik waarom word daar nie beslag op die myn gelê nie, is dit in werkende toestand? en wie bestuur dit? wie is die aandeelhouers? hoe is dit moontlik dat die Guptas nog enige iets hier kan bedryf?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.