Meer as 100 vas ná polisieklopjag

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 100 mense is Donderdag in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag in die Thembelihle informele nedersetting in Lenasia buite Johannesburg.

Die klopjag is deur die Suid-Afrikaanse polisiediens, die Johannesburg-metropolisie en lede van die weermag uitgevoer.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die klopjag het 02:00 begin en gaan steeds voort. “Meer as 100 mense is tot dusver in hegtenis geneem vir die besit van dagga en gevaarlike wapens soos pangas. Ander was gesoekte verdagtes wat inhegtenisnemings ontduik het.”

Sommige verdagtes is ook in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die land was. Beamptes van die departement van binnelandse sake was op die toneel om hul permitte te verifieer.

Volgens Makhubela is die klopjag uitgevoer nadat inligting ontvang is dat onwettige aktiwiteite in die gebied plaasvind. Die weermag en die polisie het onlangs ook ʼn gesamentlike klopjag in Jeppestown in die Johannesburg-sakesentrum, asook in die Alexandra informele nedersetting uitgevoer.

Makhubela het gesê die polisie sal met klopjagte voortgaan in plekke waar onwettige aktiwiteite plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Ons se dankie aan die polisie en ander betrokkenis. Misdaadvoorkoming is beter as misdaadhantering (vervolging) Ons is bewus daarvan dat julle onder omstandighede selfs jul lewe op die spel plaas.

Pierre Celliers ·

Net ‘n 100 ?!! Polisie kon maklik 1000 aankeer in dieselfde tyd, as hulle wou! Maar dankie in elk geval vir julle onbaatsugtige werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.