Meer as 100 vas oor dronkbestuur

Argieffoto

Verkeersbeamptes in Mpumalanga het oor die naweek altesaam 135 mense in hegtenis geneem wat na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het Maandagaand gesê die inhegtenisnemings vorm deel van verskeie padveiligheids- en wetstoepassingsinisiatiewe tydens die feesseisoen.

“Beamptes het ook altesaam 79 mense in hegtenis geneem wat die spoedgrens oorskry het. Die meeste oortreders is op die N3-snelweg tussen Heidelberg en Villiers aangekeer. Die vinnigste wat ʼn persoon gery het, was 194 km/h in ʼn 120 km/h sone.”

Die departement het die pogings van wetstoepassers geloof en padverbruikers gemaan om die padreëls te gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jurie ·

Hulle kan maar probeer maar solank as wat hulle gekoop is deur die taxis sal min uitgevoer word

Jacques venter ·

Wonderlik dat hulle mense aankeer vir dronk bestuur.

Probleem is dat dit slegs hierdie tyd van die jaar gedoen word.

Riena ·

Dronkbestuur is maar die puntjie van die ysberg. Alkohol is van ons land se grootste probleme en dit onder ons gewone mense. Laat elkeen van ons die alkohol agter ons sit en self begin werk aan `n beter lewe. Werk self in die tuin, werk self in die huis, kry meer kinders en voed hulle op in liefde en nugter voorbeeld. Moedig mekaar aan en ondersteun mekaar tot soberheid.

Vin ·

Kry meer kinders reken jy? Jaaaa dit gaan verseker die oplossing wees.
Liefie, waars jy……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.