Meer as 11 miljoen huishoudings ontvang gratis dienste – Ramaphosa

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Ashraf Hendricks/GroundUp)

Ongeveer 60% van die Suid-Afrikaanse regering se begroting (rente op skuld uitgesluit) word tans aan die betaling van maatskaplike toelae bestee.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief net meer as 11 miljoen huishoudings ontvang tans gratis basiese dienste wat insluit krag, water en sanitasie.

Daarby het 50 miljoen Suid-Afrikaners nie in dié stadium private gesondheidsversekering nie en ontvang ook gratis gesondheidsorg.

Basiese onderwys word intussen aan meer as 13 miljoen leerders verskaf. Baie van dié kinders gaan gratis skool, sê die president.

Ramaphosa verwys in sy nuusbrief na ʼn onlangse verslag van die Wêreldbank wat lui dat Suid-Afrika se stelsels vir toelae en maatskaplike bystand ʼn kritieke rol speel in die versagting van armoede. Luidens dié verslag is Suid-Afrika se bestaande stelsels en programme “doeltreffend, goed gerig en bied dit aansienlike voordele aan die armste huishoudings”.

“Die geld wat ons aan maatskaplike beskerming bestee, word nié vermors nie,” sê Ramaphosa. “Dit maak ʼn werklike verskil aan mense se lewens – nou asook in die toekoms.

“Terwyl ons werk om die ekonomie te herbou, om meer werk te skep en geleenthede vir opkomende sakeondernemings te skep, sal ons voortgaan om te belê in die armstes en mees kwesbares in ons samelewing.”

Ramaphosa stem nie saam met die kritici wat meen dat maatskaplike toelae afhanklikheid van die staat kweek nie.

“Terwyl sommige mense na die verskillende vorme van ondersteuning aan arm mense verwys as aalmoese of as ʼn verkwistende las op die fiskus, is ons maatskaplike ondersteuningsprogramme ʼn belegging in Suid-Afrika se mense.

“Dit is nie korrek om te sê dat hierdie programme afhanklikheid kweek of mense ontmoedig om werk te soek nie.”

Ramaphosa verwys ook na ʼn referaat wat in 2014 deur die Brookings Institute gepubliseer is. Dit lui: “Maatskaplike bystand is dalk net wat baie mense in Suid-Afrika nodig het, wat hulle in staat stel om aktief ʼn werksoektog na te streef, uit ʼn armoedestrik te kom en beheer oor hul lewe te neem en hul toekoms te rig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Jessey ·

Maar as 50 miljoen reeds gratis gesondheidsorg ontvang, waarvoor die ander 8 miljoen dwing om aan die NHI deel te neem?

TheSnake ·

M.a.w. 17% van die bevolking sorg vir 83% van die res se gesondheid sorg.

Laksman ·

Niks is gratis nie….iemand betaal daarvoor en ons weet tog wie so gaaf is.

Pietertjie ·

Dan wonder mense nog hoekom die land so moreel en finansieel bankrot is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Op diè trant sal die hool nooit op die wenpad geplaas word nie. Eventueel gaan ons almal verarm, net soos in Kuba.

Heinrich ·

Nice Cyril, great job. Kyk na die slaagpersentasie van die skole en ‘drop-out-rate’, toestand van die hospitale, paaie, misdaad ens, dan lyk dit nie vir my so effektief nie…die koning is kaal.

Daniel ·

Natuurlik sal al die ontvangers van hierdie “freebies” vir die ANC stem om te verseker dat hulle dit aanhou ontvang!

mattk ·

…. en so gaan die kaders voort om op die rug van die minderheid te ry.

JvR ·

Daardie 11 miljoen sou in ou SA werk in die staatsdiens gehad het as dit nie was vir tenders nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SAS&Hawens het destyds ook werklose wittes aangestel wat die stasies en pakhuise netjies gehou het. Yskor en Eskom het dieselfde gedoen. Baie wittes het daarna goeie poste gekry en loopbane opgebou.

Jaco ·

Sulke mooi woorde oor al dié gratis dienste en skielik is beurtkrag ook baie minder. Alles net foefies om volgende jaar se verkiesing te wen.

Niklaas ·

Cyril is baie slimmer as wat ons dink. Hy is besig met verkiesings planne en wag net tot hy meer valse beloftes gaan begin maak , soos Kameraad Mugabe destyds.

Geert ·

Die ANC het die klein belasting basis al in die grond in belas. Dit sou baie gaaf van Ramaphosa wees as hy ons verder sou verduidelik waar hy nog geld vandaand gaan kry vir sy vrygewigheid van ander mense se geld.

marius ·

Twak man . Dit kom uit ander se sakke uit. Wat goed is vir die een is goed vir die ander. Ons dring daarop aan dat ALMAL gratis dienste ontvang !

Stoffeltjie ·

Hoeveel van die 11 miljoen is Suid-Afrikaners? So, hy dink dit is normaal om oor die 11 miljoen werkloses te voed en dit is normaal dat die regering ons hardverdiende geld op die amptenare ensovoorts kan vermors en ons in die middel moet net hoes.

E ·

11 miljoen HUIShoudings – ek skat ‘n huis houding is enige iets tussen 4-6 mense.

Mariana ·

Hy wil amper trots klink. Niks om op trots te wees nie. Die land kry swaar as gevolg van die bevolking. Niks in die land werk nie.

Althes ·

Maatskaplike toelae word trots geborg deur die belastingbetaler. Indien die ANC Suid-Afrika ñ beleggingsvriendelike land gemaak het, beleide toegangkliker maak, ñ vrye mark sonder raskwota aanwakker, mnr prez, dan is die enorme bedrag wat aan maatskaplike toelae spandeer word,nie nodig nie.
Dan was baie meer armlastiges bemagtig om uit hul armoede te klim.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime leen ook R1.3 miljard elke dag om staatsuitgawes te dek. Van daai geld word aan die 11 miljoen huishoudings oorbetaal. Ons kleinkinders gaan sit met die gebakte pere.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Jammer om jou borrel te bars, maar niks is gratis in hierdie wereld nie! Iewers betaal iemand daarvoor, normaalweg oorbelaste belasting betalers.

Manie ·

Voeg die rente op die skuldlas, diefstal en korrupsie, asook die oorgrootte staatsdiens se kostes daarby en die land moet waarskynlik met 10% inkomste funksioneer.

JohanR ·

Ja ons weet Cyril. Ons die belastingbetalers is die wat seker maak dat die wat vir die ANC gaan stem elke maand lekker leef!

LANA is ELANè ·

Maatskaplike toelaes word tans deur die ANC gebruik om stemme te werf. Die ANC maak asof die sg toelaes uit hul sakke kom en nie deur die mense en belastingbetalers self betaal word nie. Die president gee homself en sy party te veel krediet dit is agv wanbesteding dat die land uitsien na dit wat dit tans is. Hy en die ANC het almal, selfs sy eie kiesers gefaal en hy gryp na strooihalms deur maatskaplike toelaes te gebruik as lokaas vir stemme.

CHRISTINE ·

Die president en sy party het absoluut touch met reality verloor.

kaplyn ·

Ramaposa, jy moet ‘n klimaat skep sodat die privaatsektor kan werk skep. Maar kommuniste kan dit nie verstaan nie. As daar werk geskep word deur die privaatsektor dan sal daar minder maatskaplike toelae uitbetaal word. Jy is verantwoordelik vir al die ” “. Vul maar self in.

My siening ·

Ek het nog nooit soveel twak gehoor nie, Cyrel moet eerder sy ANC mafia begin beheer maar dit ook verloor! Net nog ‘n Afrika land op sy knieë!

Di ·

Intussen spoor die “freebies” hulle ook nog aan om meer kinders te kry vir NOG ‘n paar rand meer per maand. Kry kinder toelae vir 6 kinders per gesin. DIS hoekom kinders nou ook kinders kry

Catherina ·

Glad nie snaaks nie. Almal welkom om lekker in RSA verniet te bly

Lian ·

Wel, ek het ‘n vragie : Is ons nie ‘n land wat trots is op menseregte nie ? Is hierdie 11 miljoen werkloses dan nie van hul reg ontneem om ‘n inkomste te verdien nie ? Tas dit nie hul mensheid aan nie ?

Catherina ·

Kom kyk op platteland hoe word maatskaplike toelaë gebruik…..kyk by sekere “winkels” …… Daar staan toue reeds buite dié winkels voor hulle oopmaak. Daarna word daar op daardie winkelstoepe geslaap. Hmmmm,..

Owlie ·

Wanneer mense gewoond gemaak word asn kry wil hulle net meer en meer hê.
Babies medies is klaar “gratis” wat einylik deur die werkende blasting betaler betaal word. Hou op met gee – in baie gevalle het hierdie mense wst kry geld vir drank en sigsrette maar nie vir hul kinders se skool, kos of basiese lewens kostes nie.

Hennie ·

Net hulle ondersteuners wat gratis dienste ontvang. “Ons” kry niks nie.

Chris ·

Indien ‘n “Welfare State” vir jou ‘n chip op die skouer gee, dan het jy die regte afdraai gemis.

christo ·

Niks is verniet nie. Die paar miljoen belastingbetalers betaal vir die gratis dienste en onwettige elektriese.

Chopper ·

Nou ja, genoeg gelees vandag. Laat ek gaan werk want daar is grants wat moet betaal word!!

MARTIE ·

Niks is verniet nie, iemand betaal, in die geval – soos altyd die arme SA belasting betaler. Hoe lank kan dit so volhou? Die wat nie betaal nie word net al hoe meer, letterlik elke minuut.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.