Meer as 120 leerders by Pta-skool siek

Die leerders het onder andere gekla oor maagkrampe en diarree. (Foto: Tshwane-nooddienste)

Omgewingsgesondheidspesialiste het monsters van kos by ʼn skool in Pretoria vir toetse versamel nadat 122 leerders van die skool in Mamelodi byna gelyktydig siek geword het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die leerders, almal verbonde aan die Vlakfontein Secondary School, het gekla van maagpyn, krampe en diarree.

Die skool het Dinsdag nog ʼn ete aan leerders verskaf.

Mabaso sê die leerders het vanoggend kort ná 08:00 begin olik voel en is na verskillende gesondheidsinstellings gehaas.

“Die skool het dadelik die hulp van ʼn plaaslike kliniek ingeroep en die nooddienste ontbied.”

Ses ambulanse en ʼn bus wat pasiënte vervoer, asook drie verpleegsters, is onder meer na die skool gestuur om die leerders te help.

ʼn Onbevestigde getal leerders is ook in private voertuie na verskillende hospitale geneem.

Die meeste van die leerders wat siek geword het, is matrieks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wakkerslaper ·

Ek is nou nie snaaks nie, maar in al 12 van my jare op skool het ek nooit net verniet kos gekry nie. My ouers moes maar vir my ‘n kosblikkie inpak, of hulle dit nou kon bekostig of nie. Ek is skool toe gestuur om te leer, nie te vreet nie.

KB ·

Is dit nie Tshwane se vrot water nie???
Toets die water gehalte ook.

Elize ·

Nou kyk die ouens nie na vervaldatums of waar die kos vandaan kom nie. As ek kyk na al die vullis oral is dit snaaks dat nie meer mense siek word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.