Meer as 2 000 mediese interns by departement geplaas

(Foto: Unsplash)

In wat die departement van gesondheid bestempel as die grootste program vir mediese interns in die geskiedenis, het altesaam 2 369 interns die afgelope jaar by die land se gesondheidsdiens aangesluit.

ʼn Verdere 41 mediese interns wat oorsee gestudeer en hul eksamen geslaag het, word in verskillende provinsies hier geplaas.

Meer as 650 gegradueerdes van die Nelson Mandela Fidel Castro Kuba- mediese program begin ook eersdaags met herintegrasieprogramme ter voorbereiding van die afhandeling van hul kwalifikasies in Suid-Afrika.

Die werwingproses vorm deel van die inwerkingstelling van programme wat uit die besluite van die presidensiële gesondheidsooreenkoms spruit.

“Menslike hulpbronne vir gesondheid is die eerste steunpilaar van die ooreenkoms. Sy voorste posisie onder die nege pilare benadruk die belang wat die regering daarop plaas om menslike hulpbronne in die gesondheidsorgsektor te versterk en vol te hou,” het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

“Sonder dokters is daar nie ʼn gesondheidsorgstelsel nie. Ek is uiters trots op die departement se prestasie om te verseker dat die Suid-Afrikaanse mediese gemeenskap bly groei. Ek het sommige van dié jong kollegas ontmoet en voel altyd geïnspireer deur hulle geesdrif, ywer en bereidheid om nie net ʼn bydrae te lewer in die stryd teen Covid-19 nie, maar ook om universele gesondheidsorg te verseker.”

Altesaam 39 van die interns is permanente inwoners van Suid-Afrika.

Die meeste van die interns word na Gauteng gestuur, gevolg deur KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en Oos-Kaap.

ProvinsieInterns
Oos-Kaap215
Vrystaat101
Gauteng678
KwaZulu-Natal545
Limpopo143
Mpumalanga91
Noord-Kaap40
Noordwes142
Wes-Kaap322
SA Mediese Gesondheidsdiens19
Totaal2 296*

*Syfers soos verskaf deur die departement van gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Veens ·

As 39 van hulle Permanente inwoners is, is die ander 2250 dan almal immigrante en gasarbeiders?

annie ·

… en net 39 van hulle is dalk SA-aners. Wow. Elke janrap en sy dierbare maat en kinders en voorvaders en moeders en wie-se-wat woon al in SA. Dis ‘n lielielekkerland… en juis daarom bankrot… en ons leiers lief hulle heilige towerwaterstjies wat bil- en tril- van lekkerte. Hier’t jou lekker ding!

Plaaskind ·

Mag ek asb nie so siek raak dat een van hul my moet behandel nie. Wonder of hul ooit die verskillende tipes hoofpyne ken en kan behandel. Pffff!!!

Mariana ·

Wow groot prestasie…….se dinges. Hier in die einste bankrot land sit die room van die oes, jongmense eie aan die land maar hulle kry nie eers toelating om medies te studeer nie, al is hul punte briljant. Nee vier hulle in, dis mos wat hulle doen. Sies skreiende skande 39 wat ‘n klug.

4ntj13 ·

In die verlede is talle sulke interns in klein hospitaaltjies geplaas SONDER toepaslike toesig. Dis belangrik om te sien dat hierdie mense eers almal vir 2 jaar onder die leiding van dokters verder opgelei moet word, en dus vir 2 jaar salarisse sal verdien wat vir gekwalifiseerde dokters kon gaan. Reeds in die 2000s is talle van ons eie, jong-gekwalifiseerde dokters NOODGEDWONGE oorsee weens ontoepaslike voorkeur vir buitelanders met baie swakker kwalifikasies.

Andre ·

So ons gaan binnekort mense ontmoet met arms vir bene en bene vir arms?

Anel ·

En hulle kan nie eens enige van ons tale praat nie. Wys net wst voel hulle vir hierdie land se mense!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.