Meer as 20 skote afgevuur toe kleuter sterf

Lindray Khakhu tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Lindray Khakhu tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Lindray Khakhu, wat aangekla word van die moord op Luke Tibbetts (3), het glo die aand wat Tibbets doodgeskiet is meer as 20 skote afgevuur.

Volgens die klagstaat het Khakhu op 2 Augustus verlede jaar skote op Keenan Mokwena se motor in Steytlerstraat, Johannesburg, afgevuur toe Luke raakgeskiet is.

Khakhu (22) staan tereg op twee aanklagte van moord, vyf van poging tot moord, 10 van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en een vir die rig van ʼn vuurwapen. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, het Maandag gehoor dat Khakhu skote afgevuur het op die Toyota Yaris waarin Mokwena gesit het en dat Luke in ʼn motor was wat in Khakhu se rigting gery het.

Volgens die klagstaat het ʼn skoot deur die motor se windskerm gegaan en Luke in die kop getref. Hy het op sy ma se skoot gesit. Luke is ses dae later in die hospitaal dood. Mokwena is in sy linkerarm en regterkuit geskiet.

Mokwena het aan die hof gesê hy en Khakhu het mekaar op die bepaalde dag by drie geleenthede beledig. Die hof het ook gehoor dat Khakhu glo met Mokwena se verloofde geflankeer het. Mokwena het aan die hof gesê dit het hom ontstel. Mokwena sal Dinsdag sy getuienis voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Jy verstaan blykbaar nie die som nie. ‘n Kind is dood omdat jy “trigger happy” was en nou maak jy of jy onskuldig is, sit ewe selfvoldaan in die hof! Mag jy lewenslank sit!

zahn ·

Kyk na sy bakkies, dis hoe ons regstelsel lyk vandag. Arrogant en uitdagend. Ek sal graag wou sien dat daar iewers so ‘n saak reg hanteer word, en dat die howe vorentoe dit sal kan gebruik as ‘n uitgewysde saak teen toekomstige moordenaars. Maar nou ja, in SA kan jy alles doen, solank jou velkleur reg is.

Eliza-beth ·

Zahn, ek stem saam met jou, daardie kyk sê alles, geen jammere oor sy daad en die wete dat hy ‘n goeie kans het om weer weg te kom deurdat getuienis “wegraak”, polisie wat op”slip” , omkopery ens. Of hy gaan wel dalk tronk toe en leer ‘n paar ander “ambagte”(in die tronk se leerskool vir misdadigers) en sodra een of ander kader verjaar, dan word hy vrygelaat want die tronke is mos so vol. En die arrogansie daarvan om onskuldig te pleit gaan my verstand ook te bowe. Iemand beledig jou en flankeer met jou meisie/verloofde/vrou en dit gee jou sommer die reg om wild en wakker te skiet!

kel ·

He was angry … Al verskoning wat hulle ooit het. As hulle nie suffer nie, is hulle angry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.