Meer as 200 beseer toe Jhb-treine bots

Foto: Verskaf.

Minstens 213 mense is Dinsdagoggend beseer toe twee treine in Germiston aan die Oos-Rand gebots het.

Pieter Rudolph, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het aan Maroela Media gesê hy is op die toneel, wat grotendeels al opgeruim is. “Al die beseerdes is na hospitale vervoer. Daar is gelukkig nie mense wat ernstig beseer is nie,” het Rudolph gesê.

Volgens hom is die tegniese besonderhede rondom die ongeluk nog nie in dié stadium beskikbaar nie. Rudolph het wel bevestig dat daar twee treine in die ongeluk betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die Geldenhuys-treinstasie plaasgevind.

“ER24 het saam met  ander paramedici by die toneel opgedaag en talle pendelaars op die toneel sien rondloop.  By nadere ondersoek het paramedici gesien dat een van die treinwaens ontspoor het, maar nie omgeslaan het nie,” het Meiring gesê.

Volgens hom is die pendelaars gering tot matig beseer. “Gelukkig is daar geen sterftes aangetref nie,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die botsing kom minder as ʼn week nadat die Shosholoza Meyl-trein Donderdag naby Kroonstad in die Vrystaat ontspoor het nadat dit met ʼn vragmotor gebots het. Minstens 19 mense het in dié ongeluk gesterf en meer as 250 passasiers moes na hospitale gehaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ja wohl ·

INCOMPETENCE, die ‘vorige stelsel’ kan net so lank hou.

sê maar net ·

Wicus, Jammer om te sê maar ek dink jy het ‘n wanbegrip van hoe treine werk, Jy kan nie ‘n trein stop soos ‘n kar nie en soos dit in die geval lyk – het die operateurs wat moet kyk dat die wissels reg is asook die wat moet kyk dat die spore in ‘n goeie toestand is, En ja daar is seker van die treindrywers wat nie by die voorgeskrewe spoedgrense hou nie, maar jy kan onmoontlik nie met ‘n trein jaag soos met ‘n kar nie.

Be ·

wel ek bly langs n treinspoor; sommige treine jaag erger as sportmotors; meeste treine raas erg, die wiele skreeu die waens ruk asof dit vd spore wil afspring! Ekt al dopgehou en geluister; treine is deesdae chaos en gevaarlik!! geen instandhouding en pleinweg n terreur.

piper ·

as mens kyk hoe die bossies en onkrruid tussen die treinspore staan dan wonder n mens hoe lyk die algehele toestand van die hele sisteem.

Muffin ·

As mens mooi kyk op die fotos is daar nog spoorlyne aan albei kante. Kon een van die treine nie maar n ander spoorlyn gevolg het nie.

Adrian ·

Volgens berigte was albei treine vanaf Jhb na Springs oppad op dieselfde spoor maar soos gewoonlik skere tyd uitmekaar. Die 1 het in die ander van agter in gebots … nalatigheid of wissels of seine wat verontagsaam is . Nou gee die woordvoerder die vorige bedeling die skuld omdat stelsels nie opgegradeer is nie …. HELLO .. hul is al 24 jaar aan bewind en niks is gedoen nie, Gautrein is gegbou daai geld kon liewer vir opgradering gebruik gewees het … weer apartheid se skuld …. tipies

Hannelie ·

Almal lewer nou so kommentaar, maar had geen idee wat eintlik gebeur het nie. Het jul al by GVB gehoor, want hul behoort die antwoorde te kan gee wat fout kon gegaan het met wissels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.