Meer as 200 by Putco afgelê

Argieffoto (Foto: Putco Greater Soweto/Facebook)

Putco-busmaatskappy het 214 werknemers afgelê weens die finansiële verknorsing wat die Covid-19-pandemie vir die maatskappy veroorsaak het.

“Net soos meeste busmaatskappye is Putco erg geraak deur die pandemie, met ʼn afname in passasiergetalle en ʼn gebrek aan inkomste,” het Matlakala Motloung, woordvoerder van die maatskappy, in ʼn verklaring gesê.

“Die regering het kragtens die Rampbestuurwet sekere regulasies vir openbare vervoer ingestel waaraan ons moes voldoen. Ons het ons bedrywighede afgeskaal en slegs noodsaaklikedienswerkers vervoer. Privaat huur en kommersiële kontrakte kon nie voortgaan nie. Die regulasies het ook bepaal dat busse nie meer as 50% van hul kapasiteit kon vervoer nie, om oordrag van die koronavirus so ver as moontlik te bekamp,” het Motloung bygevoeg. Die inkomste per reis was dus beduidend laer weens die getal passasiers wat die maatskappy op ʼn bus kon toelaat en die maatskappy het teen ʼn verlies gewerk.

“Ons moes ook die koste dek van persoonlike beskermingstoerusting en voorkomingsmaatreëls wat ingestel moes word om die verspreiding van die virus te bekamp. Dit sluit in dat busse voor en ná elke reis ontsmet moes word en dat passasiers ontsmet moes word wanneer hulle in die bus klim. Dit het ʼn groot finansiële las op ʼn bedryf geplaas wat reeds onvoldoende deur die regering gefinansier word.”

Motloung sê Putco was sedert Maart 2020 in gesprek met die twee sfere van die regering en die Suid-Afrikaanse busoperateursvereniging (Saboa) om finansiële verligting te bekom. “Ons is bewus van die slakkegang van die ekonomie en die impak op die fiskus, maar ons het nie nuwe geld versoek nie; ons het slegs versoek dat ʼn deel van die toelaag vir openbarevervoerbedrywighede, aangewend moes word vir noodverligting om openbare vervoer te beskerm.”

Volgens hom is daar tot op hede geen verligting toegestaan nie. “Dit het ongelukkig daartoe gelei dat meer as 200 Putco-werknemers afgelê moes word en lewens word hierdeur geraak in ʼn land waar daar grootskaalse werkloosheid is. Ons het gesien hoe busmaatskappye, wat al jare lank in bedryf is, hul deure sluit. Ons maan owerhede om in te gryp om die dreigende sluiting van busmaatskappye soos Putco te voorkom.”

Putco het ʼn vloot van 1 400 busse en vervoer daaglikse meer as 210 000 passasiers. Die maatskappy is bedrywig in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Meer as 3 600 persone staan in diens van die maatskappy en ongeveer 25 200 mense maak staat op die maatskappy vir hul lewensbestaan, het Motloung bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig Greyhound het laat weet dat hy op 14 Februarie sy Greyhound en Citiliner-bedrywighede opskort. Die Demokratiese Alliansie het ʼn beroep op die minister van vervoer, Fikile Mbalula, gedoen om met Greyhound in gesprek te tree oor moontlike opsies hoe die regering kan ingryp om sluiting van die maatskappy se bedrywighede te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Regering gaan niks doen nie want so kry die taxis meer passasiers. Hoekom kan taxis 100% vol wees en nie busse nie? In taxis sit mense op mekaar maar nie in busse. Dit maak net nie vir my sin ni. Tensy, soos ons almal weet, die taxis die vervoerstelsel beheer.

Johann ·

Interesant dat ek nie hoor van enige TAXI wat moes verkoop word nie? O ja…askuus, hulle is mos SAKPAS deel van die ANC se cost centre?

Jedi Knight ·

Elke donker wolk het n silwer randjie. As jy nou jou werk verloor, gee dit jou ten minste n gulde geleentheid om jou pensioen te laat uitbetaal en dit te laat emigreer. In hierdie land wil jy so min as moontlik bates hê.

Pieter ·

Net soos die siek ANC die land op sy knie het net so bestuur die taxis ons land se paaie. Hulle maak nes hulle wil en betaal nie eers belasting nie. Dan kry hulle nog brandstof subsidie ook van hulle ANC venoot af.

Hennie J ·

Noudat putco skree sal jy sien hoe blitsvinnig is die sogenaamde owerheid om hulle te hulp te snel, maar te hel met Greyhound en Citiliner.

Connie ·

Ja hulle sal natuurlik ingryp en help want dis hulle boeties en sussies se vervoer, en ooo shame hulle gaan hulle werk verloor. Wat van al die ander mense wat hul werk verloor het oor al kodoek se ontydige sluitings van alles, veral die drank verbod. Daar gaan sy n paar van haar boeties se werk op die spel sit oo maar ek vergeet hulle het genoeg en worry nie oor die op die laer vlak nie maak my moeg die spul. gaan net weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.