Meer as 200 verdagtes in Jhb vasgetrek

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Altesaam 226 mense is die afgelope naweek op verskeie aanklagte in Johannesburg in hegtenis geneem.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie het verskeie misdaadbekampingsaksies tussen Vrydag en Sondagoggend uitgevoer. Die verdagtes is almal in Mondeor, Booysens, Moffatview, Langlaagte, Fairlands, Sophiatown, Brixton en die Johannesburgse-sakesentrum in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings sluit onder meer in agt vir roof, twee vir verkragting, vyf vir die besit van ʼn gekaapte motor, twee vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee vir gewapende roof, 41 vir dronkbestuur, 38 vir dwelmbesit en agt vir opsetlike saakbeskadiging,” het Mbele gesê.

Die res is vir ander aanklagte in hegtenis geneem, van aanranding tot bedrog, het hy gesê.

Die verdagtes sal almal dié week in verskeie landdroshowe in Johannesburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KarooKlong ·

Dit kan die begin wees van ‘n misdaadlose JHB.
Hahaha hoe skrik ek nou wakker uit my Sondag slapie..

Louis ·

Koos, neem kennis daar die afgelope paar maande daar verskeie operasies uitgevoer is deur SAPS tesame met verskeie CPF groepe asook lede van die publiek, van wes na oos in die Moot

TM ·

Hulle gaan net ‘n sterk bewoorde waarskuwing kry en weer losgelaat word. Die polisie se harde werk alles daarmee heen.

Lance ·

Genade nou doen die polisie omtrent hulle werk ….net oppas vir ooreising asb

Poot ·

Lance
Is jy bereid om daai ondankbare werk te doen? Ek dink nie so nie.

Quintin ·

More is almal weer terug op straat om dan weer volgende naweek gevang te word, die ANC moet nou dringende stappe neem om goed te lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.