Meer as 250 myners bly ondergrond in Rustenburg

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Die National Union of Mineworkers (NUM) sê meer as 250 van sy lede sal ondergrond by die Bakubung-platinummyn in Rustenburg bly totdat daar aan hul eise voldoen word.

“Agt-en-twintig mynwerkers met chroniese siektes het gister na die oppervlak teruggekeer ná NUM-streekleiers hulle gaan haal het,” sê July Radibe, streekvoorsitter van die NUM in Rustenburg.

Die werkers eis onder andere 100% mediese fonds, ʼn leeftoelaag van R6 800, ʼn verloftoelaag en volle voordele vir vroue wanneer hulle swangerskapverlof het – insluitend volle salaris en mediese fonds. Radibe sê by Bakubung-platinummyn is swanger vroue hul salarisse en mediese fonds kwyt vir solank as wat hulle op swangerskapverlof is.

“Werkers eis ook die bedanking van die algemene bestuurder, John Beneke. Werkers is woedend dat hy onlangs tydens ʼn massavergadering aangekondig het dat die maatskappy van voornemens is om 530 werkers deur artikel 189-kennisgewings af te lê. Hy het ook aan werkers gesê dat almal hierdeur geraak sal word, insluitend topbestuur. Ná die vergadering het die maatskappy egter poste geadverteer om topbestuur in diens te neem. Die werkers voel verraai deur die algemene bestuurder.”

Volgens Radibe het die algemene bestuurders aan werkers “gelieg” dat die NUM-takleierskap bewus is van die artikel 189-afleggings, maar die vakbond was nie hiervan bewus nie.

Jaira-kontrakteurkwessies sluit in salarisverhogings en agterstallige betalings, opskorting van mediesefondsbetalings en ander. Nog kontrakteurkwessies sluit in onregverdige afdankings en bevordering sonder salarisverhogings.

“Die NUM se nasionale en streekleierskap, gelei deur NUM-president Dan Balepile, het vanoggend ʼn Zoom-vergadering met die maatskappybestuur belê om die sittende betoging by Bakubung-myn op te los. Die uitslag van dié vergadering sal binnekort gekommunikeer word.”

’n Tweede gyselaarsdrama speel hom intussen by die Gold One-myn in Springs af. Maroela Media het vroeër berig altesaam 447 goudmynwerkers teen hul wil ondergronds by dié myn aangehou terwyl 250 ander aan ’n sogenaamde sittende betoging ondergronds deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Raak ontslae van vakbonde. Huul veroorsaak net probleme. Toe daar nie vakbonde was nie, was daar nie probleme nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.