Meer as 30 sterf in twee ongelukke in Oos-Kaap

Die busongeluk in Willowvale. Foto: Twitter

Die busongeluk in Willowvale. Foto: Twitter

Meer as 30 mense is dood en talle beseer in twee afsonderlike ongelukke in die Oos-Kaap.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, het gesê die organisasie het sy ondersoekers na die Oos-Kaap gestuur om die twee ongelukke te ondersoek.

Minstens 25 mense is dood toe ʼn bestuurder van ʼn bus beheer verloor het op die R408 tussen Butterworth en Willowvale. Die bus het omgeslaan en verskeie mense is vasgekeer. Volgens Zwane sal die dodetal na verwagting styg aangesien nog passasiers in die bus vasgekeer is.

Nege mense is intussen dood in ʼn ongeluk op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet nadat ’n minibustaxi vroeg Saterdagoggend omgeslaan het. Volgens Zwane is vyf mense beseer en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zel ·

Miskien moet die verkeersbeamptes begin konsentreer op onpadwaardige voertuie in plaas daarvan om op elke hoek te sit en “bribes” probeer kry – daar is ook geen verkeersbeamptes in sig wanner robotte af is nie , verkeer staan opgedam maar ‘ n paar meter verder sit hulle onder ‘n boom en vang vir spoed ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.