Meer as 300 onwettige immigrante in gebou in Jhb

(Argieffoto: Itumeleng English/ANA)

Gauteng se veilige feestyd-veldtog het reeds tot groot sukses gelei.

In een klopjag is meer as 300 onwettige immigrante in ʼn 21-verdieping-gebou in Hillbrow aangetref, het die polisie Saterdag gesê.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê drie verdagtes – twee vroue en ʼn man – is in hegtenis geneem omdat hulle die gebou glo “gekaap” het. Die polisie kon die regmatige eienaar daarvan opspoor.

“Altesaam 380 ongedokumenteerde burgers van Malawi en Zimbabwe, onder wie diegene wat tydens padblokkades en in ander operasies aangekeer is, is ingeneem sodat hul besonderhede nagegaan en hul status in die land bevestig kan word,” het Peters gesê.

Altesaam 27 van hulle is vroue.

Ses Malawiërs, vier kinders en twee swanger vroue, is vrygelaat hangende hul verskyning voor immigrasieowerhede om gedeporteer te word.

Die polisie het ook 124 mense aangekeer aan wie lasbriewe uitgereik is.

Die polisie se veilige feestyd-veldtog is Vrydag in Johannesburg deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gestel.

Padblokkades is die naweek op strategiese punte in al vyf Gautengse distrikte opgestel, onpadwaardige voertuie is geskut en boetes uitgereik vir verkeersoortredings, het Peters gesê.

(Argieffoto)

“ʼn Gesteelde polisievuurwapen is by ʼn gesoekte verdagte, ʼn Mosambiekse burger, gevind. Hy het boonop met ʼn vermoedelik gesteelde voertuig op die N12 naby Alberton gery. Altesaam vier vuurwapens is herwin nadat beslag gelê is op ʼn wapen by ʼn N3-padblokkade, ʼn verdagte in hegtenis geneem is, en twee vuurwapens tydens ʼn klopjag op ʼn hostel in Thokoza gekry is. Ook hiér is ʼn verdagte in hegtenis geneem.”

In Rahima Moosa-straat in Johannesburg het die polisie beslag gelê op nagemaakte items van nagenoeg R25 miljoen, asook toerusting wat vermoedelik gebruik word in die vervaardiging van dié items.

Die polisie het ook verskeie kroeë, klubs, drankwinkels en snoepwinkels besoek. Boetes van nagenoeg R9 000 is in samewerking met die Gautengse Drankraad uitgereik en beslag is gelê op alkohol van meer as R1,4 miljoen.

In ʼn pakhuis in Centurion is daar ná ʼn wenk beslag gelê op duisende vermoedelik gesteelde SIM-kaarte en toerusting om dié kaarte te vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Lekker gesegte in Afrikaans……”hulle peul oorrel uit!”

antie ·

‘vrygelaat hangende dat hulle voor immigrasie beamptes moet voorkom’…. hulle is lanklank ver van waar hulle moet wees in die land….met nog goverment kleintjies …. waarvoor die belastingbetalers gaan betaal

Belastingbetaler ·

Meer onwettige vuurwapens in die strate as wettige vuurwapens in veilige bewaring in SA. Misdaad deur hierdie migrante beloop miiljoene Rande se belastingvrye geld met nagemaakte artikels. Dan kaap hulle nog geboue ook! Lekker lewe in SA!

Dries ·

Welkom in afrika en ons belasting betalers sorg vir julle klomp die land is om van siek te word

Jonel ·

Uitstekende werk van die polisie. Hoop al die onwettige immigrante word gedeporteer.

John ·

Hoeveel onwettige immigrante skat julle woon in SA? Daar is navorsers wat die bevolking op reeds meer 73 000 milj reken. Hierdie sluipers sal mos nimmer as te nooit hul laat tel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.