Altesaam 4 097 pasiënte is op die waglys vir operasies by George Mukhari-hospitaal in Gauteng, en van hulle sal tot vyf jaar lank moet wag vir hul operasies.
Die inligting is onthul deur Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, in ʼn geskrewe reaksie op vrae in die Gautengse wetgewer, het Jack Bloom, die DA se skadu-LUR vir gesondheid, in ʼn verklaring gesê.
Die langste wagtyd is vir heup- en knieoperasies. Altesaam 558 pasiënte moet vir vier weke lank wag as dit dringend is, andersins tot vyf jaar. Dit beteken dat ʼn nuwe pasiënt ʼn datum in 2024 kan verwag vir sy of haar operasie, het Bloom verduidelik.
Ander lang waglyste is vir algemene operasies (1 386 pasiënte wag tussen twee weke tot een jaar), oftalmologie (984 pasiënte wag tussen twee weke tot twee jaar), hand- en mikro-operasies (240 pasiënte wag tussen drie weke tot twee jaar), pediatriese chirurgie (233 pasiënte wag tussen twee weke tot 36 weke), en neurochirurgie (141 pasiënte wag tussen een week tot twee jaar).
Volgens Masuku is die lang waglyste toe te skryf aan onvoldoende teatertyd, ʼn tekort aan narkotiseurs en verpleërs, infrastruktuurprobleme soos die ou hospitaal, daklekkasies, kragonderbrekings, abnormale temperatuur, ʼn tekort aan linne, ʼn tekort aan verbruiksgoedere, ʼn tekort aan beddens in die hoësorgeenheid, ʼn bevolkingsontploffing met talle verwysings van ander provinsies en talle uitlanders, ʼn toename in trauma en geweld en die trauma-eenheid wat baie besig is.
“Hierdie groot akademiese hospitaal is ongelukkig verwaarloos, al dien dit ʼn baie groot landelike bevolking,” het Bloom gesê. “Dit is ondenkbaar dat mense jare lank in pyn moet wag voor hulle ʼn operasie kan ondergaan. Ortopedie is veral ʼn probleem, veral vir bejaarde vroue wat meer as mans sukkel met osteoporose. ʼn Toegewyde ortopediese teater word dringend benodig tesame met ander maatreëls om dié agterstand te takel.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Is ons verbaas?
Dis n skande waarvoor betaal ons belasting dan wil hul nog ons mediesefondse ons ook ontneem ….die NUWE AFRIKA DEMOKRASIE ….LIEFLIK NE dis waar die ja stem julle gebring het …is daar een staats departement wat reg funksioneer in die land….almal vlug hoe kan n presedent met eer se dit is sy land …hoe kan ons wat oorgebly het se dit is ons land skande skande
Verskonings, verskonings.
Sê liewer julle kan nie dit reg doen weens korrupsie, diefstal van einste goedere waaraan julle n tekort het, lui personeel en baie ander redes wat aan hulle bekend,is.
En dan wil julle NGV implemeteer?
Not in a 100 years met apologie aan Mnr Motlante.
Met NGV gaan dit 10 000 wees …kyk mooi !
Maar hulle wil NHI? Dit word ingebring om volks moord te pleeg. Hap soos vrate en kan nie gesluk kry nie.