Meer as 4 000 lede van die land se polisiepersoneel het ʼn misdaadrekord, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in die parlement aangekondig.
Hy het antwoorde verskaf op vrae deur die DA-LP Dianne Kohler Barnard.
Die oortredings hou in meer as die helfte van die gevalle verband met verkeerswetgewing, maar daar is ook enkele voorbeelde van moord, verkragting en ontvoering. Omtrent elke misdaad onder die son is in die statistieke verteenwoordig.
Volgens Cele het 32 lede van die polisie se topbestuur ʼn misdaadrekord, maar darem nie die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, nie.
Van die 32 oortredings in die topkader van die polisiemag is 19 verkeersoortredings, drie hou verband met vuurwapenwetgewing, een is ʼn oortreding van die drankwet, drie was oortredings van interne veiligheidswetgewing (waarskynlik uit die vorige bedeling), en die res is bedrog, openbare geweld, minagting van die hof, aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.
In die provinsiale polisiemagte en die spesialiseenhede het 4 174 lede ʼn misdaadrekord. Meer as die helfte hiervan is verkeersoortredings, omtrent 20% is aanrandings, sowat 10% hou verband met vuurwapens en omtrent 3% is diefstalverwant.
In die inligtingstegnologie-afdeling het niemand enige oortredings buiten verkeersoortredings op hul kerfstok nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
37 Kommentare
Maak van Wolf Skaapwagter. Dis so belaglik. Wys jou net die integriteit waarmee aanstellings gedoen word.
Wie het dit noueers uitgevind? Dit is nie net in die polisie department, maar in al die staatsdepartemente.
En die res is vinnig besig om in te haal….
Klink vir my half min…
Dit kos ‘n skelm om ‘n skelm te vang en daarom MOET die polisie kriminele wees net soos die hele kabinet en ALLE ministers. Hoe meer oortredings teen jou hoe hoër pos kan jy losslaan