Meer as 4 000 polisielede het ʼn misdaadrekord

Argieffoto: SAPD

Meer as 4 000 lede van die land se polisiepersoneel het ʼn misdaadrekord, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in die parlement aangekondig.

Hy het antwoorde verskaf op vrae deur die DA-LP Dianne Kohler Barnard.

Die oortredings hou in meer as die helfte van die gevalle verband met verkeerswetgewing, maar daar is ook enkele voorbeelde van moord, verkragting en ontvoering. Omtrent elke misdaad onder die son is in die statistieke verteenwoordig.

Volgens Cele het 32 lede van die polisie se topbestuur ʼn misdaadrekord, maar darem nie die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, nie.

Van die 32 oortredings in die topkader van die polisiemag is 19 verkeersoortredings, drie hou verband met vuurwapenwetgewing, een is ʼn oortreding van die drankwet, drie was oortredings van interne veiligheidswetgewing (waarskynlik uit die vorige bedeling), en die res is bedrog, openbare geweld, minagting van die hof, aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

In die provinsiale polisiemagte en die spesialiseenhede het 4 174 lede ʼn misdaadrekord. Meer as die helfte hiervan is verkeersoortredings, omtrent 20% is aanrandings, sowat 10% hou verband met vuurwapens en omtrent 3% is diefstalverwant.

In die inligtingstegnologie-afdeling het niemand enige oortredings buiten verkeersoortredings op hul kerfstok nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Theresa ·

Maak van Wolf Skaapwagter. Dis so belaglik. Wys jou net die integriteit waarmee aanstellings gedoen word.

Diefie ·

Wie het dit noueers uitgevind? Dit is nie net in die polisie department, maar in al die staatsdepartemente.

Mel ·

So nou het jy dit genoem. Wil jy belangrik klink of Gaan jy iets daaromtrent doen ou Cele

Pawpaw ·

Nogal gedink van dié wat nou daar werk is so onbekwaam, niemand word gevang of vervolg nie, hulle monitor mos net, so die rekords is eintlik argaies; SAPS is salig onbewus van die ‘nuwe’ kriminele in hulle midde. Hulle gaan onverpoosd voort, sonder rekord.

J ·

Weereens maar n bewys hoekom die spul so vrot is, moet dan weet hoeveel is in polisie wat nog steeds misdade pleeg maar nooit uitgevang word, wonder hoeveel ondersoek hulleself, daarom nooit n arresrasie nie, dit is soos om met jouself wegkriupertjie te speel, Skandelik,

Db ·

Dit kos ‘n skelm om ‘n skelm te vang en daarom MOET die polisie kriminele wees net soos die hele kabinet en ALLE ministers. Hoe meer oortredings teen jou hoe hoër pos kan jy losslaan

Hanna ·

Ek weet van BAIE wat eksterne besighede ook het – soos taxi besighede, en weet hulle mag nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Solank jy net sê jy is “sôôôrie, né?”…dan is alles vergewe en OK. Hier’s vir jou ‘n bonus….

Lekker man lekker ·

Lekker man lekker. En hier sukkel ons wet gehoorsame burgers om net ñ eerbare werk te kry om kos op die tafel te sit.

En die klerke by ons polisie stasie weet niks, want as jy iets vra dan word daar gesê, ek weet nie. Sê maar net

De Villiers ·

‘n Eertydse primêr van die Vrystaat het onlangs in ń onbewaakte oomblik gesê dat indien die regering almal moet afdank wat korrup is, hoe gaan hulle ooit regstellende aksie toepas. Korrupsie, misdaad ens. is so endemies binne die ANC dat dit seker moeilik is om iemand op te spoor en aan te stel met ń skoon rekord. In die huidige RSA-bestel werk dit seker so dat iemand eers ń kriminele rekord moet hê of dalk eers in die tronk moes wees sodat hy ń beter kans het om aangestel te word. Selfs van die vorige presidente het kriminele rekords teen hulle. Geen wonder die land verval so nie, want ń vis vrot van sy kop af.

Heksie ·

Ja verkrag maar, word skuldig bevind, 2 jaar geskors en dan weer terug op jou pos!
Dis mos hoe die blou uniform, wat eens ons trots was, onteer word!

Johan ·

Die grootste deel van die staatsdienste en ANC funksioneer soos misdaadsindikate. Alles pas soos ‘n legkaart i mekaar…

fred ·

ons lewe in n land wat kompleet vrot is…die staatsinstellinge is onbekaam en korrupt maar nou ook krimineel…en die privaat maatskappye sit opgesaal met BEE eise…..

marous ·

Die room van die land …. niks anders as dikmelk wat in die son gestaan het nie .

Dries Moolman ·

As jy ‘n tattoeermerk het van enige aard, mag jy nie in die SAPD wees nie, maar kom gerus as jy reeds ‘n misdadiger is!

anton ·

Nee ek dink daardie syfers is ver verkeerd. Daar kort nog n nulletjie of meer agter aan.
Dan praat ons nie eers van die kriminele in die polisie wat hulle self nog nie van weet en/of gevang is nie!!!
Maar in die land is alles wat verkeerd is mos eintelik reg en sal dit ook nooit ooit verander nie. Dit is AFRIKA!

At Dippenaar ·

Ons polisie het geen respek vir die wet en orde wat hulle moet handhaaf nie. Fire hulle dadelik.

Andre ·

En die mense moet ons beskerm? Ek bel nooit meer die polisie nie, net my buurtwag hulle skop en slaan baie hard en hulle honde byt lekker seer.

JG ·

@ Alida, ja dit was ons trots toe dit nog n MAG was…nou is dit mos n DIENS en al wat hulle doen is MONITOR.

Richard ·

Die land is in die hande van bose elemente…waarom laat ons toe dat kriminele en terroriste ons lewens versuur? Die boosheid moet vernietig word en ongelukkig sal nie by die stembus gebeur nie. Daar sal meer drasties oogetree word en ons sal bereid moet wees om opofferinge te maak om ons vry te maak van die boosheid.

Magdalena ·

Genugtig!!!!
Nou wat Nou???
Niks gaan gebeur Nie…….
Net beloftes in media “om hulle goed te laat lyk” en publiek te troos…….
Dalk moet daardie vrot appels die keuring deur gaan wat her-indiensneming lede moet voltooi om weer diens te verrig……
Psigometriese toetse, onderhoud met afdelingshoofde, vingerafdrukke (vorige veroordelings) en mediese evaluasie…….Wie weet net dalk kan ons weer SAPS vertrou…….

Jerry ·

Maak die slegte mense die goeie mense konsep het toe nou ook nie in SA met die ANC gewerk nie, alhoewel die buiteland in n mindere mate, maar tog ook nog steeds, onder daardie indruk verkeer agv die ANC se meesterlike plan van voortgesette misleiding met die CR en Gordhan mombakkies op. Slegte misdadige mense bly sleg soos wat die ANC se track record vanaf 1994 tot nou toe bewys het en vorentoe gaan hulle net nog slegter raak, omrede politieke en ekonomiese mag gekombineer met enige vorm van misdadige vuilspel n kultuur skep van arrogante onaantasbare gewetenloosheid wat geen dislojale onregte duld nie. Die ANC polisiestaat gaan, het eintlik reeds begin om die goeie mense deur wetstoepassingsdubbelestandaarde en wetgewing, die slegte mense te probeer maak. Op die einde van die dag sit jy met n land waar die slegtes sleg bly en die goeies ook sleg gemaak word! Dus, is dit uiters tragies omrede die slegte appels wat in die staatsmandjie gehou word, alles en almal sleg gaan maak! In SA swaai die stert die hond, want in SA is daar mos n populistiese elite aan bewind wat dit ten doel het om almal gelyk te maak en dan uiteindelik ook, sleg te maak! Oor die uiteinde wat voorle vir SA kan ek net se “your guess is as good as mine”!

Gert van Wierdapark ·

Julle verstaan nie! As aansoeker by SAP boggerol op sy aansoekvorm kan invul, wys dit op geen ondervinding nie…..en dus geen joppie nie! Die veld waar jy oortree het maak jou dus n spesialis op die gebied en jy word dan aangestel op n groter salariskerf!!! “Say No More”, he-he-he

Nettie ·

@Jerry, al kom sommige mense jou hier so met die mond by, dink ek jou kommentaar is 100% in die kol, “bull’s eye”!

Cecilia ·

Dis net jammer die publiek gaan elke polisieman en vrou nou as ‘n krimineel sien. Ek hoop die eerlike en opregte polisiemanne word nog raak gesien en waardeer. Ek sê dankie vir elkeen van hulle. Mag God julle lei en beskerm. Min Cele moet toesien dat die kriminele uit die diens verwyder word!

Useless ·

En dan kom vertel julle ons hoe LOJAAL en PLIGSGETROU is die manne in blou?? lol . neewat ons is nie meer so stupid nie .. probeer ‘n saak by ‘n polisiekantoor aangee, probeer ‘n wapenlisensie aansoek ingee dan sien jy weer van VOORAF hoe useless is die spul in blou. Nee wat ou JERRY ons weet jy is ‘n GESWORE ANC aanhanger maar die VROT APPELS in die ANC en die VROT APPELS in die POLISIE raak nou MEER as die goeie appels ..

Paaries ·

SAPD: Vertrou ons om julle te beskerm. Ons sal besluit of jy ‘n vuurwapen lisensie moet kry maar is self krimineel. Dit is eintlik vir ons ‘n gevaar om aan n wetsgehoorsame persoon ‘n vuurwapenlisensie toe te staan, ons kan in die verdien van ons ekstra inkomste dalk met einste vuurwapen doodgeskiet word. Ons staan met gevoude hande en toekyk hoe die konstruksie mafia met aanvalsgewere te kere gaan en masjinerie uitbrand. Ons doen niks want maak nie saak wat ons doen of nie doen nie ons salarisse bly dieselfde. Ons as die SAPD sal die enkeles wie nog die wet en dissipline toepas doodskree en aankla van al wat ‘n dissiplinere aanklag is want ons duld nie teespraak of goeie werk nie. Almal is gelyk voor die reg behalwe as jy tot sekere bevolkingsgroepe behoort, dan is jy meer gelyk. Ons kan wegkom met al hierdie dinge want ons bevelvoerders het almal “smallanyana skeletons” in the closet.

Jeremia ·

Syfers klink ook verdag. Die bekentenis verklaar nogmaals baie sakies.
Die vermeende verlies van vuurwapens en die ontsnapping van gevangenes is nogal netelige kwessies.
En so sou daar voortborduur kon word.
En dit sou tydmors wees om te meld – niemand gaan enigiets omtrent die narrespel doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.