Meer as 40 beseer toe bus omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Meer as 40 mense is Maandagaand beseer toe ʼn bus op die N8 buite Bloemfontein omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê verskeie ambulansdienste is na die toneel sowat 30 km buite die stad ontbied. Daar het hulle die bus gevind wat op sy kant lê met die passasiers wat verspreid oor die toneel op die grond gesit het.

“Tussen 40 en 50 mense is beseer en moes na verskeie hospitale in die omgewing gehaas word. Ekstra mediese nooddienste moes ingeroep word om die pasiënte te kom help,” het Meiring gesê. “Gelukkig het niemand in die ongeluk omgekom nie.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GES ·

Dit is gewoonlik die 3 faktore nl. oorlading, spoed en remme. Indien nie een van die genoemde faktore nie kan dit as ‘n frats ongeluk beskou word.

johny ·

Te veel Brics lande parte word gebruik.So die parte is nie baie betroubaar nie

Wouter ·

Dit is n “Interstate bus” die regering se busdiens tussen Bloem en Thabanchu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.