Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bus het tydens die botsing omgeslaan. Ses van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Die ander passasiers het ernstige tot matige beserings opgedoen en is na verskeie hospitale geneem.
Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê die botsing het die verkeer erg ontwrig en motors is deur metropolisiebeamptes om die ongelukstoneel herlei. Die toneel was egter teen 08:30 opgeruim.
Kan ons dalk ‘n aanduiding kry wie die rooi verkeerslig verontagsaam het?
Driaan die profiel van oor die rooi verkeerslig ry kan maklik pas by die Putco busbestuurder. Dink net wat se verkeersoortredings ons elke dag sien en ook die afwesigheid van Metropolisie , dan is niks meer snaaks of ongewoon nie.
Net ‘n entjie van waar die ongeluk gebeur het sit byna elke dag ‘n verkeers beampte met kamera vir verkeer wat van die stad af noord ry. En boeta! laat jy net meer as 70 ry!! Het nie ‘n saak met die verkeer van Mabopane en ophopings en kansvatters nie!
plaas die metro in die oggende van 5 45 al op die Mabopane aan die linkerkant se nood baan staan hulle sal al die mense wat die noodbaan gebruik (want net hulle wil in die stad kom) kan skryf….die polisie ry partymaal in die noodbaan dan ry almal agter hom aan ha ha dis eintlik n grap!
Iemand wat saam my werk se suster was op die bus. Blykbaar het die vragmotor se remme ontklaar geraak want dit het vir die passasiers gelyk of hy nie kan stop nie. Die bus het ry voorrang gehad.
Putco se eienaars het BAIE bloed op hulle hande. Hulle voel niks om hulle busse te monitor nie, hulle bestuurders reg te motifeer nie en om hulle busse eers te onderhou nie. Hulle gee NIKS om vir die lugbesoedeling wat hulle vieslike busse veroorsaak nie, en die honderde mense wat hulle op die paaie slag nie.
Putco busse ry soos wat hulle wil!! Sorry vir die mense wat seer gekry het :-(
Ek voel altyd jammer vir die insittendes. Ongelukkig is net NOG ‘n ongeluk, NOG beseerdes, gelukkig nie NOG oorledenes. Tot die sogenaamde wets toepassers nie hul eie huis in orde kry en oortreders behoorlik vasvat nie, sal dit maar dit NOG elke dag en jaar so gaan!