‘Meer as 40% van brandstofprys is heffings’

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Automobiel Assosiasie (AA) sê hy is bekommerd dat brandstofheffings ʼn “maklike” belasting geword het vir die regering om elke jaar te verhoog.

Dit nadat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag tydens sy 2019-begrotingsrede verhogings in die brandstofheffing en padongelukkefondsheffing aangekondig het.

Die algemene brandstofheffing gaan met 15c per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met 5c. Dit beteken die algemene brandstofheffing verhoog tot R3,52 per liter petrol en R3,37 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog tot R1,98 per liter vir petrol én diesel. Dié heffingtoenames sal op 3 April in werking tree.

Koolstofbelasting op brandstof van 9c per liter op petrol en 10c per liter op diesel sal op 6 Junie in werking tree. Die doeane en aksyns op brandstof bly onveranderd op 4c per liter.

“Hoewel die verhogings in die algemene brandstofheffing en die padongelukkefondsheffing laer is as wat ons verwag het, is ons bekommerd dat hierdie die ‘maklike’ belastings geword het vir die regering om te verhoog. Met die bykomende koolstofbelasting op brandstof, word hierdie ‘maklike’ belastingsinvorderingsmetode nog meer uitgebuit en kom daar nou nóg ʼn belastinglas op die brandstofprys,” sê die AA in ʼn verklaring.

Die AA wys daarop dat wanneer al die verhogings ingetree het, sal die totale koste van heffings R5,63 per liter petrol beloop en R5,49 per liter diesel. “Met hierdie verhogings vorm die heffings enige iets tussen 40% en 42% deel van elke liter brandstof wat gekoop word. Dit is ʼn aansienlike gedeelte van die brandstofprys en na ons mening plaas dit net nog las op die verbruiker, veral die armes – direk aan die verbruikers wat hierdie heffings moet betaal en indirek aan almal wat geraak word deur vervaardigers en kleinhandelaars wat hierdie heffings moet betaal.”

Die AA sê hy meen die nuwe koolstofbelasting is veral ʼn rede tot kommer. “Die insluiting van ʼn koolstofbelasting is bitter onregverdig gegewe die feit dat Suid-Afrikaners nou ʼn belasting sal betaal op brandstof van minderwaardige gehalte, ondanks die feit dat hulle nie toegang het tot die hoër gehalte brandstof wat in ander markte in die wêreld beskikbaar is nie.”

Die AA sê hoewel die brandstofpryse tot dusver vanjaar redelik stabiel was, veral vergeleke met verlede jaar se wisselvalligheid, is daar geen waarborg dat die pryse die res van die jaar so sal bly nie. “Inteendeel, die vooruitsigte vir Maart dui klaar op ʼn meer as 50c per liter prysverhoging, dalk selfs nog hoër.”

Die AA sê die regering moet verkieslik sy belt stywer trek om ʼn voorbeeld aan Suid-Afrikaners te stel, eerder as om nog ʼn laag belasting by te voeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Snowball ·

En as die petrolprys styg, klim die pryse van voedsel ook….so die regering wat so namens die “poorest of the poor” wil praat, faal liederlik in hulle poging om armoede te verlig. Vir armes gaan dit om liggaam en siel aanmekaar te hou, so elke direkte of indirekte invloed op kospryse raak hulle die ergste. cANCer…..maar wat pla dit hulle? Die blink karre, omkoophandsakke en braaipakke is seker klaar gereël vir 2019 se fees van die gewetenloses…

Gemaskerde Sopbeen ·

Werkers wat voorheen gehaal en afgelaai is……….sal van nou af maar moet loop om by die werk te kom. Stem gerus maar die 8ste Mei WEER vir die ANC…..voor die einde van die jaar gaan NET OMTRENT DIE HELFTE van julle werk toe hoef te loop….want die ander helfte gaan by die huis sit sonder werk……….en wag vir die NG Kerk se sopkombuis….Sterkte vir julle, né?

AJ. ·

Wat nou van al die koolstof wat vrygelaat word deur instansies soos die steenkool gedrewe krag stasies? NIE EERS GEPRAAT VAN SASOL en al die ander instansies soos ISKOR en andere nie. Wie moet nou daarvoor betaal?
Ook seker die belasting betaler.

Jan pierewiet ·

Hallo Zim.
As die budget nie klop nie hef dit op die brandstof.

Thomas ·

Raak ook kwaad… Maar onthou een ding. Niemand kan die belasting vryspring nie – jy gaan ‘n bydrae maak – of jy skelm, ryk of arm is. Uiteraard kom die armes die slegste af, en is daar ‘n grens wat oorskry word. Ons betaal steeds vir ‘n swak regering, maar soos gesê, as dit nie hier gebeur nie gaan jy swaarder dra…

jaco ·

ek kan verstaan dat SA se wit mense gemelk word met belasting en duur petrol ens ens. dis seker maar die “straf” vir apartheid.
wat ek nie verstaan nie, is dat die swart ANC regering hulle mede-swart rasgenote ook melk met belastings en duur petrol ens ens. Dis mos nie hoe mens vir jou eie mense sorg nie.
Wat ek ook nie verstaan nie, is dat swart mense wat in baie opsigte meer swaarkry onder stygende pryse ens, nie in hulle massas teen dit in opstand kom nie?

HPV ·

Heffings en belasting op noodsaaklikhede is die teken van ‘n swak en onbevoegde regering, hulle het niks anders om te bied nie.

Chris Ws ·

Kan die AA my se of die buurlande wat hul brandstof van ONS af kry ook die heffings betaal?Hulle kan slegs van die padongelukke fonds heffing kwytgeskeld word.Die res MOET hulle dra soos ons moet.Indien hulle geen van die heffings betaal nie moet daar plan gemaak word om brandstof uitvoere na buurlande te blokkeer.Gaan kyk maar hoe goedkoop is hul brandstof teen ons sin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.