Meer as 400 buitelanders vas ná klopjag

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 400 ongedokumenteerde buitelanders is Vrydagoggend in hegtenis geneem tydens klopjagte wat ter wille van misdaadvoorkoming deur die polisie uitgevoer is.

Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Vrydag klopjagte uitgevoer in geboue in die Johannesburgse middestad, insluitend die Metodistekerk. Die operasie het 08:00 begin en duur steeds voort.

“Meer as 400 mense is na die Johannesburg Sentraal-polisiestasie geneem vir bevestiging deur die departement van binnelandse sake,” het Mogale gesê. Tydens die klopjag is ʼn liggaam in een van die vervalle geboue ontdek wat vermoedelik daar gestort is. Dit is later deur paramedici verwyder.

Volgens Mogale is verskeie buitelanders wat die Metodistekerk beset het ook na die polisiestasie geneem, hoewel hulle nie in hegtenis geneem is nie. “Ons neem nie almal in hegtenis nie. Ons neem hulle net polisiestasie toe vir bevestiging en om hul moontlike misdaadgeskiedenis na te gaan. Binnelandse sake sal hul status bevestig en dit van daar af hanteer.”

Mogale het gesê die klopjagte word slegs deur die polisie uitgevoer.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Die Metodiste kerk het self die probleem vir hulself geskep.
Sorry, but charity starts at home.

ladybudg ·

Stuur die hele 5000000 miljoen onwettige immigrante terug na hul land van oorsprong! Hul hoort buitendien nie sonder dokumentasie in ons land nie!!!!!!!!!!!!!

‘n dankie aan SAPS, Metro se operasie Vrydagaand in Brakpan … die strate was deur die naweek stil en min misdaad is aangemeld!!! Dit beteken dat hierdie operasies wat uitgerol is WERK, hou aan met die goeie werk en laat ons ons land terugneem!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.