Meer as 500 dié naweek vas in Gauteng

Argieffoto: SAPD

Meer as 500 mense is die afgelope naweek in Gauteng in hegtenis geneem vir misdaad wat wissel van moord, verkragting, gewapende roof en motorkaping tot die onwettige besit van vuurwapens, het die polisie Maandag gesê.

Die polisie aan die Wes-Rand het op hul beurt 101 mense deur die loop van die naweek in hegtenis geneem op aanklagte van dronkbestuur, rooftog, huisbraak, diefstal en aanranding. ʼn Drankwinkel is ook gesluit.

In ander inhegtenisnemings is sowat 400 mense in Johannesbrug, Pretoria en Ekurhuleni vasgetrek.

Volgens kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, sluit dit twee mans, ʼn winkelbestuurder en ʼn toesighouer in wat Vrydag by ʼn winkelsentrum in Thabong in hegtenis neem is. Dié mans het glo geld uit die winkelkluis verwyder voor ʼn rooftog op 23 April by dié spesifieke winkel plaasgevind het. Hulle verskyn vandag in die Vereeniging-landdroshof.

Twee ander mense is Saterdag in ʼn klopjag in Vosloorus in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Soveel kriminele is los in Gauteng dat hulle 500 in een enkele naweek kan toesluit. Ek wonder watter persentasie in ons hele land kriminele is.

jAN ·

teen more is almal weer op straat te min plek in tronke en met n skrale borgtog.

Ag siestog ·

Propaganda. Is daar plek vir hulle? Terwyl die hofrolle oorvol is en die tronke nóg voller. En ons moet nou glo dat die hool enigsins “verbeter”? Hahahaha…..

Sarel ·

Ok. Die Polisie het nou hulle werk gedoen. Hoeveel uit op Borg en misdaad gaan voort.

Attie. ·

Baie geluk SAPD ek het geweet julle kan. Ons het die beste polisie in die land. In die Kaap kan hulle nie eens die N2 oophou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.