Meer as 60 Gauteng-polisiebeamptes gepos

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse SAPD het tussen April en September vanjaar al altesaam 66 polisiebeamptes afgedank in ʼn poging om korrupsie en wangedrag in die polisiemag uit te roei.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê 42 van die beamptes is afgedank omdat hulle betrokke was by misdade, onder meer korrupsie, roof, diefstal, poging tot moord, huisbraak, ontvoering, kaping, verkragting en die besit van gesteelde voertuie. Uit hierdie afdankings was 17 van die beamptes betrokke by korrupsie en ses by rooftogte, het Dlamini gesê.

“Sulke slegte elemente is ʼn las vir die polisiemag en die gemeenskap. Ons sal voortgaan om beslissend op te tree teen korrupte elemente en gevalle van misdaad in die SAPD,” het hy gesê.

Enkele van die beamptes is afgedank nadat hulle gevangenes help ontsnap het. Tien van die beamptes is afgedank oor wangedrag, waaronder afwesigheid van die werk, opstandigheid en dwarsboming van die gereg.

“Die publiek word aangemoedig om die nodige stappe te doen om korrupte polisiebeamptes en beamptes wat by misdaad betrokke is aan te meld. Om teen hierdie slegte elemente in die polisiemag op te tree is ʼn prioriteit vir die bestuur om ʼn beter polisiemag daar te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carel ·

Dit is ‘n massiewe skande en ‘n aanduiding hoekom dit so sleg gaan in ons land nadat die sogenaamde demokrasie oorgeneem het. Dis ons “nuwe” Suid Afrika, beslis nie ou Suid Afrika nie.

Wieookal ·

O ja. En so het die Polisie ook iemand afgedank wat sy boude af gewerk het. Die mees lojale hardwerkendste polisieman wat ek ken! Hy het nie eens ‘n skoot geskiet nie, is bevorder en skielik af gedank. Het hy dalk gekrap waar dit nie gejeuk het nie?
So moenie so gou bly raak oor die korruptes nie, hulle misbruik hierdie kastige afdankery ook om van dié wat “pla” uit die weg te ruim. Korrup to heel bo!

KarooKlong ·

Jammer om te hoor. Doen opvolg hierop, soms help dit om foute reg te stel. Sterkte

Lance ·

Nog nooit van so iets gehoor nie …maar is seker n goeie begin om van die vrot appels ontslae te raak….net jammer dit is 20 jaar te laat met groot skade wat reeds onherroeplik aangerig is …hoop regtig dit help .

CHRISTA ·

Vrydag is ek deur Ekurhuleni Metropolisie in Choorkop, Kempton Park gestop. Hy kon niks fout vind nie en sien toe my motorlisensie is nie hernu nie. Terwyl hy die boete uitskryf wys ek hom daarop dat TWEE motors SONDER NOMMERPLATE by ons verby ry en sy mede-beamptes verroer nie eers ‘n vinger nie! Sy reaksie was: “You whites must always complain about everything.” Ek wys hom daarop dat hy nie sy rassistiese opmerkings in my keel moet afdruk nie, waarna hy sê: “Don’t point your f…cking finger at me!” DIS die polisie en metropolisie waarmee ons hier in Ekurhuleni opgeskeep sit!!!

Pendoring ·

@CHRISTA – Nie dat ek sy optrede goedpraat nie, MAAR, as jy gaan visvang, vang jy die vis aan die hoek. Die ander swem vir eers verby. Nadat jy klaar gemaak het met die gevangde vis gooi jy weer lyn in vir die volgende een. Die beste raad is wanneer jy wettiglik afgetrek word, BLY STIL. Jy het dit verdien. Sorg dat jy volgende keer binne die wet is, dan het hy niks op jou nie en dis nie nodig vir jou om te deflekteer nie. Geniet jou dag.

Gert ·

Ja as hulle ook nie hulle werk reg doen nie , dit is ook steel en korup wees

gewese polisie lid ·

Toe ek nog in die polisie was, het ‘n ander polisie lid voor my offisier my gestamp en gedreig om my ”uit te haal”. En dit omdat ek gese het ek het geen respek vir hom nie want hy was voorheen gearresteer vir smokkel van vuurwapens. Ons bevelvoerder, (wat ‘n wit vrou was) wou my nie eers na ‘n ander skof toe skuif nie. Daai selfde polisie lid sit vandag in die tronk vir moord en ontvoering. toe skuif nie.

Francois ·

Goed en wel, hulle is uitgewys en afgedank….maar is hulle aangekla en vervolg?

WillePiet ·

Lyk my hulle het net hul werk verloor en is nie aangekla om strafregtelik vervolg te word oor hul betrokkenheid by die verkragting, roof en ander misdade nie.

Ek leer lankal nie meer my jong kinders dat hulle die polisie moet vra om hulp nie. Hulle is toegerus om ons vriende en famielie te kontak indien enige nood opduik.

John ·

Aaa! En nou misbruik studente-opstokers die situasie om die hele polisiemag verdag te maak en hul afwesigheid te eis op kampusse. “Kan die polisie nog vertrou word?” word glo kort-kort op kanaal 405 gevra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.