Meer as 60 vas ná poskantoor brand

Die motors wat aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

Meer as 60 mense is Donderdag in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat die plaaslike poskantoor en munisipale motors gedurende ʼn betoging aan die brand gesteek is.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het ontstoke gemeenskapslede omstreeks 06:00 ʼn pad met brandende buitebande versper weens ontevredenheid oor dienslewering en die hoë werkloosheidsyfer in dié dorp.

Die poskantoor in die Phomolong-gebied van die dorp en motors van die Moqhaka-munisipaliteit het onder betogers deurgeloop.

Thakeng het gesê die polisie vanuit Bloemfontein, Parys, Sasolburg en Welkom het altesaam 60 betogers in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

“Die situasie is gespanne, maar die polisie kon daarin slaag om wet en orde toe te pas,” het Thakeng gesê.

Een van die voertuie wat onder betogers deurloop. (Foto: ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

Hulle sal absoluut niks oorkom nie en verniel maar net more verder.

Jaco ·

Ja maar kom verkiesing dan stem hul weer ANC. Hoekom is daar nie werk nie? Load shedding, regstellende aksie, populistiese uitsprake tov grondgrype, korrupsie, misdaad en te veel inmenging in die ekonomie deur die regering, geen sake mens wat reg is in sy kop sal meer hier wil belê nie….maar almal van ons wat hier lees weet dit alreeds.

fred ·

hoelank gaan wetsgehoorsame burgers en belastingsbetalers nog opdok vir hier die rampokkers?
pure anargie…ek het genoeg..julle ook?

George in Bloem ·

Hmmm…..ek sal baie verbaas wees as slegs een van hulle gevonnis word en/of gemaak word om die skade te betaal.

Gert van Wierdapark ·

My grootste kommer in SA is die moontlikheid van anargie! As jy niks het om te verloor nie, maak dit mos nie ‘n hel saak of jy vandag brand en plunder nie, want more is nog’ n dag! Om ‘n vonkie onder veral die werklose jeug, in kombinasie met snder misdadige elemente los te laat, is die kruitvat waarop ons sit. Dus, indien die belhamels nie voor die voet vasgevat gaan word nie, is die lig in die tonnel ‘n trein wat ons gaan tref!!!

Grassie ·

Ons land is onstuitbaar op pad na algehele anargie. Eers was dit net swart gebiede wat deurgeloop het maar die posisie is duidelik besig om na ons kant toe uit te brei. Dit kan ernstige gevolge hê want ons gaan nie weghardloop of stilsit nie.

Avra ·

Gee daardie rampokkers aan die belastingbetaler. Ek belowe daar sal nooit ooit weer gewelddadige betogings in die land wees nie.

Marcel Liebenberg ·

Wat is die verskil tussen openbare geweld en brandstigting.

Alida ·

Ai ai en die 1ste wil hulle gaan Sassa trek by daai selfde poskantoor.

Jean ·

Die 60 gearresteerdes sal stil stil vrygelaat word.Geen hofsake nie want dan sal die ander comrades oorlog maak.Hierdie mense staan saam!!! En hulle weet die regering en polisie is bang vir hulle. Hulle dwing hierdie beautiful land van ons op sy kniee,,ek weet watse voorstel ek kan maak maar sal my eerder inhou. Brand af die apartheidsgeboue..en die karre en busse en alles om hulle,want hulle het dit nie gemaak nie! Joe ek moet se daar was n tyd wat ek nog jammer gevoel het maar vandag voel ek niks vir hulle nie,my ou brood breek ek op in krummels en gooi dit in die parkeer terrein vir die duiwe en mossies na aanleiding vd video waar die wit bedelaar vra vir R2 aan n swart man wat hom ongenadiglik behandel het,nee ek voel oor hulle soos hulle oor my voel.

Mags ·

Daar is meer as 20 miljoen oorlopers – onwettige immigrante – in SA, en hulle stroom teen n tempo van ongeveer een miljoen per Jaar ons land binne. Die dinge Gaan net meer en erger word.. hulle Kom in , en Soos hulle reg oor die wêreld doen, begin hulle “demand”, dan verwoes en afbrand. Dit is die Afrika patroon..

Isabel ·

Ag weet jy.. laat hulle maar gaan want daar gaan tog niks met hulle gebeur nie. Daar gaan niks meer vir niemand oorbly om op trots te wees nadat alles gevat en verwoes is nie… dit is siek

JP ·

Dit wil voorkom of die mense beserk raak wanneer hulle sekere dinge sien en beleef

John ·

Dalk moet die beskikbaarheid van ou buitebande beperk word. Waar kry hulle dit? Duidelik word brande beplan en die bande voortydig aangeskaf met die oog op misbruik. Die bande kan vir herwinning aangewend word maar nou vergiftig die erge rook die hele omgewing, terwyl die brandende bande die teerpaaie beskadig. But who cares?

Neels ·

Dit is nie die hoof poskantoor nie maar wel een in die toenship . Moet nie julle asem op hou en hoop wet en orde sal herstel eord nie. Daar sal niks gebeur nie want die regering is bang hulle verloor stemme. Sien ook die Press speel wer die blame game en beloof die mense huise in Alex . Arme onskuldige mense word weer vir n sucker gevsng net vir n kruisie, maar nou ja as julle nie eil luister nie voel maar vir nog 25 jaar

Alida ·

Voer die ou brood vir die voels hulle waardeer dit tenminste. If you feed the birds from heaven you will always have food on your table.

Slim Jan ·

“Freedom of expression” in aksie.
Dis die begin nie die einde

Dries Moolman ·

Vernietig. Verwoes. Verbrand. Maar Cyril se mense moet bly (en terugkom) om te help bou. Vir wat? Hierdie tipe gedrag sal nooit weggaan nie, maak nie saak wie aan bewind is nie, dit is nou die norm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.