Meer as 600 die naweek in Gauteng vas

Argieffoto

Die Gautengse polisie het oor die afgelope naweek meer as 600 mense in verskillende dele van dié provinsie in hegtenis geneem.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê Maandag in ʼn verklaring polisiebeamptes in die Tshwane-distrik het 101 verdagtes in hegtenis geneem in verband met misdrywe wat wissel van dwelmhandel, motorkaping, die besit van gesteelde voertuie, dronkbestuur, verkragting en aanranding.

In Ekurhuleni (aan die Gautengse Oos-Rand) is 187 mense die naweek in hegtenis geneem. Hiér is verdagtes aangekeer in verband met sakeroof, besit van onwettige vuurwapens, ontsnapping uit wettige aanhouding, dronkbestuur en poging tot moord.

Volgens Peters is 165 mense onderskeidelik in Sedibeng en Johannesburg en 170 mense aan die Wes-Rand in hegtenis geneem.

Al die verdagtes sal na verwagting binnekort in landdroshowe oor die hele provinsie verskyn.

Peters sê in die verklaring Gautengers kan hoë polisiesigbaarheid verwag in gebiede wat geïdentifiseer is as misdaad-“brandpunte” in die provinsie. ʼn Toename in padblokkades en klopjagte kan ook verwag word.

“Die polisie waarsku diegene wat aanhou om die oppergesag van die reg te ondermyn dat die wet geen genade vir die misdadigers sal hê nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kotjie ·

Niks sal met hulle gebeur nie! Dis my broer en suster!! Ek split nie op hulle nie!! Dans ek ook on die sop!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.