Volgens die RTMC was daar minstens 578 botsings tussen 1 en 27 Februarie. In Gauteng was daar 128 noodlottige botsings wat tot 136 sterftes gelei het. In KwaZulu-Natal was daar 94 noodlottige botsings en 102 sterftes, in Mpumalanga 73 botsings en 93 sterftes, in die Oos-Kaap 78 botsings en 83 sterftes, in Limpopo 64 botsings en 80 sterftes, in die Wes-Kaap 49 botsings en 49 sterftes, in die Vrystaat 41 botsings en 46 sterftes en in Noordwes 37 botsings en 44 sterftes.
Volgens die RTMC is die inligting van die polisie en verkeersowerhede verkry. Die meeste aantal botsings was tussen 6 en 13 Februarie, naamlik 162 botsings wat tot 186 sterftes gelei het. “Pogings word deurlopend aangewend om die wet toe te pas, sigbaarheid van verkeersowerhede op die paaie te verhoog en vir 365 dae padveiligheid in werking te stel.”
Die RTMC het ’n beroep op bestuurders gedoen om nie roekeloos of onder die invloed van alkohol of dwelms te bestuur nie.
Los die statistieke en gaan maak die paaie reg.
Hier in ons dorpie kyk ek nou al van Oktober af na lelike dinge en glo my daar gaan sterftes wees. Maar nou ja, niemand doen iets daaraan nie. Kort kort spring die boere in en probeer iets doen, maar die staat mors eerder hul geld op drank, party’s, bedrog ens ens ens!
Ek rapporteer weekliks probleme aan die Ekurhuleni Metropolisie. Hulle trek net hulle skouers op en beweer dis nie hulle area nie. Die ANC het die HELE OOS RAND een Metro gemaak. Hulle werknemers moet nou nie beweer dis nie hulle area nie. Hulle kan net nie gepla wees nie, solank hulle net die hele maand in Metropolisie-voertuie kan rondry en elke maand hulle salaris kan ontvang. Hulle moet net onthou: hulle het ook familie op die pad!!
RTMC goed en wel delms en drank speel ‘n rol, maar die grootste sondebokke wat ongelukke veroorsaak is die Taxi’s, Swaar motorvoertuie. Daar word nie instandhouding toegepas op die genoemde voertuie nie, en sommige van die Bestuurders het nie wettige bestuurderslisensies nie. Die Taxi’s maak hulle eie reels en ontsien niks en niemand nie. Daar is bitter min SIGBARE Metropolissielede daagliks op ons paaie. ek wonder wat het van die 300 Metro offisiere geword wat onlangs ontplooi is, of was dit weer net grootpraat.
Rapporteer slaggate by http://www.ogaats.co.za