Mitsubishi Motors SA het bevestig dat hy 7 449 Pajeros in die Suid-Afrikaanse mark herroep vir veiligheidsondersoeke en om bestuurderlugsakke te vervang.
Dit vorm deel van ʼn wêreldwye veldtog om Pajeros met Takata-lugsakke te herroep.
Mitsubishi is een van verskeie voertuigvervaardigers wat geraak word deur die lugsakke, wat deur Takata vervaardig is en moontlik foutief kan wees.
“Mitsubishi Motors SA kontak tans eienaars om die inspeksies te reël en te koördineer waar die lugsakke gratis vervang sal word. Die vervangingsonderdele moet eers na handelaars landswyd versprei word voordat klante versoek sal word om hul voertuie na die onderskeie handelaars te bring,” het MMSA in ʼn verklaring gesê. “Die inspeksie- en vervangingsprosedure behoort na verwagting ʼn uur lank te duur.”
Pajero-eienaars kan met ʼn eenvoudige toets van hul voertuigidentifikasienommer (VIN) op die maatskappy se webwerf bevestig of hul voertuie hierdeur geraak word. Die VIN is op die voertuig se lisensieskyf beskikbaar.
Dit is spesifiek modelle wat tussen 2007 en 2016 gebou is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
So nie net Ford wat probleme het nie.
Wat het van kwaliteit beheer geword? Ons betaal ten duurste vir swak kwaliteit?
Diens is heelwat beter as Ford!!
Ek hoop almal wat Ford so uitgekryt het sluk nou hul woorde. Hierdie tipe van ding gebeur oral gereeld.
In Japan word die protocol van kwaliteit beheer aangaande hoogs tegniese produkte soos motorvoertuie, vliegtuie, skepe en n rits elektroniese produkte meesal voĺledig begryp. word, Dit kan tog gebeur dat waar Mitsubishi bv n volledig ge-integreerde produk aankoop van n spesialis vervaardiger, die oorsigtelike “QC” van Mitsubishi die leweransier se kwaliteitbeheerstelsel in ooreenstemming met die protocol, op gesig waarde aanvaar het. Die kwaliteit van die Mitsubishi produk as n geheel is hier nie onder verdenking nie, alleen maar die gelewerde lugsakke. Soortgelyke argument bestaan vir die leweransier van bande en battery. Die uitsluiting van hierdie produkte word dan ook so… Lees meer »