Meer as 7 000 Pajeros herroep

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Mitshubishi)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Mitshubishi)

Mitsubishi Motors SA het bevestig dat hy 7 449 Pajeros in die Suid-Afrikaanse mark herroep vir veiligheidsondersoeke en om bestuurderlugsakke te vervang.

Dit vorm deel van ʼn wêreldwye veldtog om Pajeros met Takata-lugsakke te herroep.

Mitsubishi is een van verskeie voertuigvervaardigers wat geraak word deur die lugsakke, wat deur Takata vervaardig is en moontlik foutief kan wees.

“Mitsubishi Motors SA kontak tans eienaars om die inspeksies te reël en te koördineer waar die lugsakke gratis vervang sal word. Die vervangingsonderdele moet eers na handelaars landswyd versprei word voordat klante versoek sal word om hul voertuie na die onderskeie handelaars te bring,” het MMSA in ʼn verklaring gesê. “Die inspeksie- en vervangingsprosedure behoort na verwagting ʼn uur lank te duur.”

Pajero-eienaars kan met ʼn eenvoudige toets van hul voertuigidentifikasienommer (VIN) op die maatskappy se webwerf bevestig of hul voertuie hierdeur geraak word. Die VIN is op die voertuig se lisensieskyf beskikbaar.

Dit is spesifiek modelle wat tussen 2007 en 2016 gebou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gerald ·

Wat het van kwaliteit beheer geword? Ons betaal ten duurste vir swak kwaliteit?

Alida ·

Ek hoop almal wat Ford so uitgekryt het sluk nou hul woorde. Hierdie tipe van ding gebeur oral gereeld.

simon ·

In Japan word die protocol van kwaliteit beheer aangaande hoogs tegniese produkte soos motorvoertuie, vliegtuie, skepe en n rits elektroniese produkte meesal voĺledig begryp. word,
Dit kan tog gebeur dat waar Mitsubishi bv n volledig ge-integreerde produk aankoop van n spesialis vervaardiger, die oorsigtelike “QC” van Mitsubishi die leweransier se kwaliteitbeheerstelsel in ooreenstemming met die protocol, op gesig waarde aanvaar het.
Die kwaliteit van die Mitsubishi produk as n geheel is hier nie onder verdenking nie, alleen maar die gelewerde lugsakke.
Soortgelyke argument bestaan vir die leweransier van bande en battery.
Die uitsluiting van hierdie produkte word dan ook so in die waarborg van voertuie verwoord.
Mitsubishi sal die produk koste loos vir die klein vervang maar die.koste verhaal van die produk vervaardiger.
Om die rede kan die vinger na regte nie na Mitsubishi gewys word nie.
Daarom word die foutiewe lugsakke koste loos deur die Mitsubishi organisasie vervang.

Riaan Myburgh ·

Dankie Mitsubishi dat julle veantwoirdelikheid vat en daadwerklik optree as daar n probleem is. Nie soos Ford en Toyota wat eers probleme ontken of net ignoreer nie. Respek!.

Voorlaaier ·

Want Land Rover het ni di geld om vir kompleet nuwe engin vervanings te betaal nie.Dis hoekom di werkwinkels vol van hulle op blokke staan!!!??

Magda ·

Alle motorvervaardigers herroep gereeld voertuie! Ford het net ‘n bietjie baie laat besluit
om wakker te skrik. Hulle het gewag tot daar ‘n problem is!

Renier Lubbe ·

Ford het eers besluit om te herroep nadat die Verbruikersraad begin intree het. Die feit dat iemand doodgebrand het, het hulle nie gepla nie. Ook nie die feit dat Ford in Amerika lank terug al die Kugas herroep het nie.

Dis baie later as as net bietjie baie laat. :)

Justice ·

Mitshubishi pas net die gepaste “duty of care” ten opsigte van sy verbruikers toe – `n regs term wat Ford nog vorentoe duur te staan mag kom.

Slagyster ·

Land Rover herroep nie jys 100% reg, want jy vervang self die enjin elke ses maande!

barend ·

my land rover het 356000 op die klok met dieselfde engine baie ander bakkies uitgesleep
vw ,Nissan ,ford,toyota ,ek het haar gekoop vir R55000,SLEEP MY EXCLUSIVE EN DOEN 4X4
nog nie n beter kar besit as n landy nie ,ek dink die rede vir dit is my weermag ondervinding
ek was n tiffy in die weermag [baie recovery werk op die grens gedoen ]die beste opleiding ontvang .as jy eers n landy bestuurhet en weet wat die voertuig kan doen en self kan werk aan n voertuig sal jy weet waarvan ek praat .my leuse in die lewe is n mens moet n goeie sin van humor he as jy n land rover ry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.