Meer as 70 in Gauteng vas vir roekelose, nalatige bestuur

(Argieffoto: Arrive Alive)

Die Gautengse verkeerspolisie het die afgelope maand meer as 70 motoriste vir beweerde roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die hoogste spoed is Donderdagaand opgeteken toe ʼn 27-jarige man in ʼn Mercedes-Benz E200 teen 215 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N1-hoofweg naby Bothalaan in Centurion voorgekeer is.

In nog ʼn voorval op dieselfde dag is ʼn 35-jarige man op die R21-hoofweg in Irene aangekeer toe hy glo teen 204 km/h in ʼn 120 km/h-sone in sy Range Rover Sport gejaag het. Die motoris het aangevoer hy is haastig om sy bestuurder werk toe te neem.

“Albei motoriste is by die Lyttelton-polisiestasie aangehou waar hulle formeel van roekelose en nalatige bestuur aangekla is, asook die oorskryding van die spoedgrens in ʼn 120 km/h-sone op ʼn hoofweg,” het Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê.

Die twee is intussen op borgtog van onderskeidelik R2 000 en R5 000 vrygelaat en verskyn na verwagting later vandeesweek in die Pretoriase landdroshof.

Die verkeerspolisie sê hy is suksesvol in die gebruik van sogenaamde Moving Violation Recorders wat ʼn motoris se gemiddelde spoed oor ʼn minimumafstand van 500 meter bepaal. Dié spoed word opgeneem en vir ondersoek- en vervolgingsdoeleindes gebruik.

“Padsterftes word veroorsaak deur motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur, roekeloos of nalatig bestuur, of te vinnig ry. Die Gautengse verkeerspolisie se hoëspoedeenheid gaan op ʼn hoë gereedheidsgrondslag wees en patrollies op Gautengse se hoofroetes voortsit om te verseker motoriste hou by die spoedgrens,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

gemiddelde spoed

Dit is verkeerd. Spoed = gemiddelde snelheid
Snelheid = beweging op ‘n gegewe tydstip.

Prof Lötz Strauss Fisika 100.

Ou Baardbek ·

Geagte Pieter,
Laat my toe om u te korrigeer.
Snelheid, is ‘n vektor, dit wil sê,dit besit grootte en rigting.
Spoed darenteen. is NIE ‘n vektor nie, en besit slegs grootte. Spoed is dus nie = gemiddelde snelhied nie.
Verder is snelheid dus ook nie = beweging op ‘n spesifieke tydstip nie.
Van my as eertydse kollega van my geagte vriend Lütz Strauss.

Scalla ·

Baardbek en Pieter, dit is nog steeds gegewe dat hul gejaag het en ander se lewens in gevaar stel.

Hexadane ·

Wanneer sal hulle bietjie die mense wat so lekker op hulle telefone sit aftrek of mense wat minder as 60Km/h ry op n snelweg bietjie beboet? Ek praat nie spoed goed nie maar daar is baie mense wat nie padreels volg nie, mense wat deur rooi ligte ry nie eens by n stop teken stadiger ry nie maar eerder versnel en oor n kruising jaag in n opgeboude gebied. mense wat op n snelweg die verbysteek baan gebruik asof hulle dit met die voertuig gekoop het. daar is baie meer probleme as spoed. As die probleme aandag sou kry sou minder mense pad woede kry en dalk minder jaag (maar darm word alles dan aangespreek).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.